Die jaar 2020 was ʼn vreemde jaar en ʼn jaar wat ons waarskynlik nie gou sal vergeet nie. Die wêreld het sy deure gesluit en ons moes vir mekaar agter gesigmaskers wegkruip en die ontsmettingsmiddels was altyd byderhand.
Kersfees is egter ʼn baie spesiale tyd, dis familietyd en gesinstyd, en ʼn geleentheid om ʼn onderstebo jaar op die regte noot af te sluit. En selfs al kan jy nie dié jaar by jou hartsmense uitkom nie, kan jy hulle met baie spesiale Afrikaanse geskenke uit Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie, bederf. Ons stuur die pakkie namens jou aan enigiemand landswyd en wanneer dit by hulle aankom, is dit met soveel liefde verpak dat hulle sal dink jy het dit self gestuur!
Om dit vir jou ekstra spesiaal en sommer baie maklik te maak, het ons spesiale geskenkpakke teen afslagpryse saamgestel – want ons weet almal se finansies was vanjaar onder ekstra druk.
Geskenkpak vir gesinne
Ons het ʼn spesiale geskenkpak vir gesinne: bederf hulle met die Boereplaas-bordspeletjie en uitbreidingstelle wat hulle sommer ure besig sal hou.
- Koop die Boereplaas-bordspeletjie met twee uitbreidingstelle
- Koop die Boereplaas-bordspeletjie met een uitbreidingstel
Geskenkpak vir die kampeerders
Hierdie geskenkpak is ideaal vir paartjies of gesinne wat lief is vir die Bosveld, graag gaan kamp en nie kan wag vir die volgende piekniek nie. By die geskenkpak ingesluit is ʼn Boereporselein-eetstel (4 blikbekers, 4 blikborde) en twee sakkies van die lekkerste koffie, Oom Boet se Boeretroos.
Spesiaal vir oupa
Bederf oupa dié Kersfees met ʼn baie spesiale en unieke geskenk. Maak seker hy kan lekker op die stoep sit en teug aan ʼn boeretrosie. By die geskenkpak ingesluit is twee boereporselein-blikbekers, ʼn sakkie koffie en die mooiste T-hemp – net vir oupa bedoel.
En as jy oupa hierdie jaar ekstra spesiaal wil laat voel, bederf hom met ʼn paar velskoene!
Spesiaal vir ouma
Oumas verdien die heel grootste bederf van almal. Met dié geskenkpak kan sy enige tyd die lekkerste boeretroos geniet. Die twee bekers in die geskenkpak vorm deel van ons spesiale bekers wat rym-reeks. Elke beker bevat ʼn strofe uit CW Joubert se gedig, Nuttige Reseppe. Daar is nie ʼn enkele spelfout nie – dis presies hoe Joubert dié gedig neergepen het. En ons stuur sommer vir haar spesiaal ʼn pakkie koffiebone en ʼn T-hemp ook saam.
Spesiaal vir pa
Hierdie geskenkpak is spesiaal vir enige hardebaard pa met ʼn sagte hart wat hou van sterk koffie en braaivleis, van gemaklik wees in ʼn T-hemp en altyd ʼn grappie het om te vertel. Hy gaan die twee blikbekers, pakkie koffie en spesiale T-hemp sommer baie geniet.
En wat is ʼn man sonder ʼn paar vellies? Bederf Pa met dié paar velskoene sodat hy nog sommer diep spore kan trap.
Spesiaal vir ma
Bederf jou ma dié Kersfees met ʼn unieke geskenkpak wat sy nêrens anders sal kry nie en waarmee sy haarself en vriendinne met die lekkerste koffie kan bederf. Die twee bekers in die geskenkpak vorm deel van ons spesiale bekers wat rym-reeks. Elke beker bevat ʼn strofe uit CW Joubert se gedig, Nuttige Reseppe. Daar is nie ʼn enkele spelfout nie – dis presies hoe Joubert dié gedig neergepen het. Ons stuur ook vir haar ʼn pakkie koffie en ʼn spesiale T-hemp.
Spesiaal vir die kinders
Bederf kinders hierdie jaar bietjie met iets anders. Hierdie geskenkpak kan jy as ʼn behoorlike gelukspakkie opmaak! Elke geskenkpak bevat ʼn kettie, ʼn blikkie kindertaal-yskasmagnete, ʼn blikkie lipsalf en ʼn mooi blikbeker spesiaal vir die vakansie!
Dis mos nou lekker, Maroela!