ʼn Spesiale bederf vir haar die Kersfees

Argieffoto (Foto: Jill Wellington / Pixabay)

Daar is min dinge so lekker soos om iemand spesiaal te bederf met ʼn besonderse geskenk tydens Kersfees. Veral as dit kom by die vroue in jou lewe.

Hetsy dit jou vrou, ma, ouma, sussie of tannie is, elkeen het iemand spesiaal. Sy sorg vir ʼn glimlag op ʼn moeilike dag, vir ʼn vars blom op die tafel, ʼn smullekker bygereg saam met Vrydag se braai en selfs ʼn grappie om elke dag vreugdevol te maak.

Sy vra nooit vir iets terug nie en is altyd tevrede met die minste. Hierdie Kersfees kan jy iets baie spesiaal vir haar gee om dankie te sê, sonder om jou spaarvarkie oop te breek.

Hier is ʼn paar lekker geskenkidees uit Maroela Media se aanlyn winkel, Die Koöperasie.

Bederfgoeters van ONSKaroo

 

Geïnspireer deur die besonderse Karoo-landskap en ontwerp deur musikale genie Coenie de Villiers en bekroonde skrywer Deon Meyer. Die ONSKaroo-reeks is propvol lekkerte.

Daar is so baie om lief te hê, maar my hart se punt, die kern van my Karoo-verknogtheid, is die stories. Want die Karoo is ʼn storieboek, van hoek tot kant. ~ Deon Meyer

Klik hier om al die ONSKaroo-produkte te sien.

 Maroela-plaasvellies

Velskoene in Die Koöperasie

Moeg daarvoor om jou vrou se seer voete te moet vryf? Die Maroela-plaasvellies is die perfekte geskenk vir dié wat heel dag woeker. Sag, gemaklik, sterk en boonop nog mooi ook. Dit is die perfekte skoen vir vakansie op die plaas of ʼn besige dag van werk.

Klik hier om jou velskoene aan te skaf.

Aptyt – resepte vir enige tyd

Is sy ʼn soettand? Of dalk is jy lus om vir haar iets besonders te maak as julle gaan kamp.

Die resepteboek is die perfekte geskenk vir ʼn kombuishen. Met 25 van die lekkerste Maroela-resepte gaan julle familietyd nooit weer dieselfde wees nie! Daar is resepte vir elke tyd: Opstaantyd, teetyd, snoeptyd, partytjietyd en braaityd.

Dit is behoorlik ʼn sakpasgids vir lekker eet.

Klik hier om die Aptyt-resepteboek aan te skaf.

Boland-gedigte op vier boereporselein-blikbekers

Boland-gedigte op vier boereporselein-blikbekers in Die Koöperasie

Wees ʼn bietjie romanties en gee hierdie Kersfees vir haar iets besonders wat nie net haar liefde vir die mooi in die lewe vasvang nie, maar ook haar liefde vir gedigte. Hierdie blikbekers is ideaal vir iemand wat net so lief is vir Afrikaans soos jy en is boonop die mooiste bederf tydens Kersfees.

Klik hier om die bekers aan te skaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.