ʼn Spesiale Kersfees vir oupa

Argieffoto (Foto: Photo Mix/Pixabay)

Dis wonderlik om ʼn oupa te hê. Dis iemand op wie se skoot jy kan sit en na wie se stories jy ure lank kan sit en luister. Dis iemand wat so baie grys hare het omdat hy so baie wysheid het. Dis iemand wat saam met jou voëltjies sal soek, saam met jou teepartytjie sal hou met jou poppe, en iemand met wie jy maar al jou geheime en drome kan deel.

Kersfees is die ideale tyd om vir ʼn spesiale oupa te wys hoe lief is jy vir hom.

Bederf hom dié jaar met unieke Afrikaanse geskenke uit Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie.

Maroela-vellies

Velskoene in Die Koöperasie

Wat is dan nou ‘n beter geskenk as ‘n paar velskoene vir ‘n Oupa wat al diep spore getrap het? Hierdie paar vellies is net wat hy nodig het. Bederf Oupa dié Kersfees met ‘n paar velskoene uit Maroela se aanlyn winkel.

Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys: R699-00

Geskenkpak vir oupa

Geskenkpak vir oupa in Die Koöperasie

Bederf Oupa dié Kersfees met ʼn baie spesiale en unieke geskenk. Maak seker hy kan lekker op die stoep sit en teug aan ʼn boeretrosie. By die geskenkpak ingesluit is twee blikbekers, die mooiste T-hemp en ‘n lekker pakkie boeretroos.

Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys: R199-00

Boereplaas-bordspeletjie

Boereplaas-bordspel in Die Koöperasie

As Oupa dalk terugdroom aan die dae wat hy sy eie grond kon bewerk of tydens vakansies en oor naweke die kleinkinders wil bederf, dan is hierdie Boereplaas-bordspeletjie in sy kraal vir Kersfees.

Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys vanaf: R520-00

Boereporselein-blikbekerstel

Blikbekers in Die Koöperasie

Wie wil dan nou sukkel met ‘n glasbeker wat kan val en breek? Bederf Oupa dié Kersfees met hierdie stelletjie blikbekers. Dit is net so tuis op die stoep as om die Bosveldvuur.

Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys: R140-00

Oom Boet se boeretroos

Oom Boet se boeretroos in Die Koöperasie

“Ryk en lekker, pure koffiekapitaal.” Bederf Oupa hierdie Kersfees met ‘n pakkie boeretroos!

Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys: R80-00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.