ʼn Stuk onthou vir elke beker koffie

Koffiestel in Die Koöperasie

Onthoukoffie.

Dit is die instap by die huis en die reuk van vars koffie wat jou spontaan laat glimlag. Dit is die lekkerte van ʼn warm koppie vertroosting as jy by jou ma se huis instap wat die lewe beter maak. Dit is die deel van mooi herinneringe om die kombuistafel as vriende kom kuier en jy iets lekker kan skink. Koffie sorg vir die hart.

Die nostalgie van boeretroos of goeie koffie is so eg aan ons Afrikaanse kultuur soos melktert, koeksisters en bobotie. Daar is ʼn onthou vir elke koppie koffie.

Dis vir die oupa wat vroegoggend op die plaas ʼn draai op sy perd gaan ry om na die skape en mielies te gaan omsien. Dan volg die blaaskans: met sy ketel op ʼn vuurtjie stook hy die beste koffie en geniet dit saam met ʼn soetigheid onder ʼn doringboom in die veld.

Nou kan jy die nostalgie van plaaskoffie sommer self by die huis geniet met Maroela se Blikkantien-koffiepot, blik vol geluk-blikbekers en oom Boet se beste koffie!

Hierdie Blikkantien is fênsie genoeg om voor te sit vir gaste of sommer rondom ʼn kampvuur te geniet. Dit kan op jou ou koolstoof gebruik word of sommer net om jou koffie by die huis oor te skink in iets mooi.

Dit is boonop die ideale geskenk vir ʼn bietjie vertroosting in die koue winter of om ʼn somersoggend mee op te kikker.

Die geskenkpak bestaan uit een Blikkantien-koffiepot, twee blik vol geluk-koffiebekers en jou keuse van ʼn pakkie gemaalde of heel koffiebone.

Dis mos lekker, Maroela!

Koop dit nou in Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie vir slegs R400.

 

Koffiestel in Die Koöperasie

 

Koffiestel in Die Koöperasie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.