ʼn Versoeningsmonument

1Die HAT definieer versoening as “die herstel van vrede of vriendskap”.

Hierdie inskrywing bevat 115 redes waarom die Voortrekkermonument ook as versoeningsmonument dien – dis nie net Afrikaner-erfenis nie, maar ook ’n gedeelde Suid-Afrikaanse erfenis.

Wat? Versoeningsmonument? Is ek mal? In vele opsigte dalk ja, maar hierdie foto’s vertel ’n ander storie as waarmee ons daagliks gekonfronteer word – versoening tussen swart en wit, oud en jonk, vet en maer, lelik en mooi.

  • Let op dat ek hierdie foto’s via Instagram (’n publieke sosiale media platform) – onder die #voortrekkermonument en ander verwante hutsmerke bekom het. Hierdie foto’s is nie my eie nie en my bedoeling is slegs om bewustheid te skep rondom die goeie as teenvoeter vir die alewige gekef en konstante aanval op enigiets wat met die Afrikaner assosieer word.

Anoniem van Centurion (28)

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Goeie nuus, Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rian ·

Ons moet passop om versoenning te prober bewerkstellig met mense wat nie wil versoen nie maar ons as volk wil uitwis. Dit gaan dus oor oorlewing en dit is wat die monument ook verteenwoordig, dapperheid, selfstandigheid, oorlewing, en bou. Moet nie die Voortrekker Monument onder iets beklemtoon wat dit nie is nie net om polities korrek te wil optree of om guns te prober kry by ander nie. DIT IS WAT DIT IS NIKS ANDERS N MONUMENT TER EER EN GEDAGTENIS VAN DIE VOORTREKKERS EN ONS VOLK

Johannes ·

Pragtig gestel Rian. Dis ‘n Afrikanermonument. Niks anders nie. Nou probeer ons eie mense ons eie erfenis uitverkoop ter wille van vriendelik wees met mense wat buitendien niks met ons te doen wil hè nie. Tipies die moderne Afrikaner. Swak.

Henry ·

Verstommend.
Waarom sou mens nie versoening wil bevorder nie???

Indien die Voortrekkermonument as hulpmiddel kan dien om onderlinge vrede en veiligheid in hierdie geweldadige en verdeelde land te bevorder…wonderlik!!!

Dit sal vir seker geen afbreuk doen aan die waardigheid van die Afrikaner of van die Voortrekkers indien die Monument so ‘n rol kan vervul nie. Inteendeel.

‘n Volk wat trots op sy geskiedenis is, hoef mos nie be-angs te raak wanneer sy simbole en monumente vir alle volkere oopgestel word nie. Ons moet elke geleentheid gebruik om die Afrikaner se ware beeld wat vir sovele jare deur kwaadwilliges afgebreek word, by elke moontlike geleentheid reg te stel en te bevorder.

Die vasberadenheid en die waagmoed van die Voortrekkers is een van talle voorbeelde van ons Afrikaners se kwaliteite. Moenie dit onder ‘n bekrompe maatemmer verberg nie. Spog daarmee!

Boer of Afrikaner ·

Ek is in murg een been n Boer, nie n landbouer nie maar deel van n bevolkings groep waan na die Engilse so gemaklik verweis het as in die “Boer war” en Emilie Hophouse het gepleit vir die “Boer women and children”

Die slag van Some in WWI is nou deur die ANC gekaap en die vryheid streid word nou ook daar uitgebeeld.
As jou voorgeslagte bestaan het uit maardenaars, bedrieers, teroruste en skelms dan het jy niks om op trots te wees nie dan begin jy oor jou herkoms te lieg en le beslag op n ander se werke om jou gesigwaarde te verhoog.

Hierdie artiekel is baie misleidend. Die feit dat n persoon na die monument gaan en daar n foto van hom is beteken nie hy gaan om te versoen nie.
Daar gaan weekliks duisende mense om Robin eiland te besoek, beteken dit dat al daai bleek “Afrikaner” gesigte vryheid vegters en MK lede was en is…… Nee!

Die monument beeld die groot trek uit, niks meer en niks minder nie. Vir al wat ek omgee kan hy maar in n dobelhuis omskep word as daar verder gepropageer word dat dit n monument van versoening is. Dit is nie n heilige gebou nie en staan ook nie op heilige grond nie

Ludwig Myburgh ·

Ons voorouers, die voortrekkers het juis in 1833 die Kaap verlaat om Vryheid en onafhanklikheid te bekom, weg van Engelse verdrukking en diktatorskap asook die moorde, doodsleg en plundering wat hulle reeds in daardie tydperk ervaar het.
Ons bevind ons vandag presies in dieselfde omstandighede en dis uiters teleurstellend en verradelik dat ons kultuurskat vir “versoenning” aangebied word!! Vir die liberale Afrikaners, hou op om ons kultuur pêrels vir die varke te gooi, julle maak ‘n verspotting van ons kultuur, norme, waardes en ideaal asook dit waarvoor ons voorouers gestaan en geveg het!!

Bruno Stef ·

Soos n engelstalige nuusblad se hoernalis jare terug na die Monument verwys het as n “Pop up Toaster”. Die engelse haat teenoor die Afrikaner en sy taal/kultuurskatte word voortgesit tot onder ons eie geledere wat Liberale rugkrappers geword het en ons daagliks probeer verkleineer om ons onderdanig te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.