ʼn Viering van vlytige handewerk

embroidery-1842177_1280Suid-Afrikaanse handwerkkunstenaars (crafters) kry vanjaar kans om deel te neem aan ’n toonaangewende nasionale kompetisie en hul werk op ’n wye front bekend te stel.

John Anthony Boerma, ’n kunstenaar en die kunskurator van die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees, sê die nuwe Nasionale Handwerkkuns-kompetisie sal Suid-Afrikaanse kunsvakmanne die geleentheid bied om hul vaardighede te slyp en skeppings van wêreldklasgehalte ten toon te stel.

wood-100181_1920Die fokus sal val op handwerkkuns waar vakmanne se kulturele erfenis en ’n kontemporêre aanslag as’t ware een word, asook uitstaande vaardigheid in die skep van onvergeetlike kuns. Die onderskeie kategorieë vir inskrywings is Keramiek, Kralewerk, Draadkuns, Houtkuns, Juweelkuns, Papierkuns, Materiaalverf en -drukwerk, Kwilts, Leerkuns, Piouterkuns, Glaskuns, Borduurwerk en Gemengde Media.

Die wenner word aangekondig op ’n spog-toekenningsgala. Die Platinum-pryswenner ontvang R50 000, die Goud-pryswenner sal R30 000 in die sak steek en die Silwer-pryswenner R15 000. Merietepryse vir die beste opkomende handwerkkunstenaars sal ook toegeken word, en hulle sal ook bygestaan word met finansiële raad oor hoe om hul ondernemings te laat groei. ’n Handwerkkuns-handelaarsvakmanskap met Tourvest Destination Retail sal aan een van die wenners toegewys word.

crochet-1864716_1920Inskrywings is maklik en gratis!

Inskrywings per foto’s is reeds oop en sluit op 31 Maart 2017. Volgens Boerma sal die beoordelaars die beste inskrywings kies wat ten toon gestel word tydens die Innibos-kunstefees in Nelspruit in Julie vanjaar.

Kunstenaars het slegs nodig om ’n foto, plus hul naam en van, van hul handwerkkuns te stuur na Jan Bhuda by 083 719 1731. ’n Standaardgrootte vuurhoutjieboks moet langs die werk geplaas word om die beoordelaars ’n idee te gee van die skaal daarvan. E-posinskrywings moet gestuur word na Boerma by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.