Namibië erken die waarde van moedertaalonderrig

skoolskoene-2

Argieffoto.

Die Namibiese onderwysdepartement het onlangs besluit om skoolbeheerrade die gesag te gee om hul eie taal van onderrig te kan kies.

“Suid-Afrika kan gerus by Namibië, wat die besluit geneem het om gehalte onderwys bo politiek te plaas en toe te laat dat kinders in hulle moedertaal onderrig word, gaan kers opsteek,” het Hugo Vermeulen, hoof van Helpende Hand se Skole-ondersteuningsentrum (SOS), gesê.

Engels is tans Namibië se enigste nasionale taal, maar volgens die 2011-sensus is Oshiwambo (49%), Nama (11,3%), Afrikaans (10,4%), Kavango (9%) en Otjiherero (9%) die tale wat die algemeenste gepraat word. Skoolrade se taalbeleide sal egter steeds onderhewig wees aan die nasionale taalbeleid.

Namibië het in 2001 sy onderwyswet verander om Engels die enigste onderrigtaal te maak. Die nuwe voorgestelde wysigingswetsontwerp is verlede Woensdag aan die parlement voorgelê.

Een van die voorstelle is dat die minister van onderwys, kuns en kultuur, na konsultasie met die staatskool se skoolraad, kan bepaal dat die staatskool sy taalbeleid wysig en ʼn ander taal as Engels vir skoolonderrig gebruik kan word.

Volgens die dokument is onderwys in Namibië “ondoeltreffend vanweë reuse implementeringsuitdagings in die verskaffing van gehalte-onderrigdienste op skoolvlak”. Die wysigingswetsontwerp maak voorsiening vir die instelling van standaarde vir skoolstrukture, terwyl daar ook duidelike riglyne is oor die bestuur en rol van skoolbeheerrade.

Volgens Vermeulen is dit ʼn progressiewe stap en bewys dat hul onderwysleiers, na jare van slegs Engelse onderrig en eksaminering vanaf graad 5 tot 12, besef dat moedertaalonderrig tog die beste is. “Namibië leer dus uit sy foute en is bereid om aanpassings aan hul wetgewing te maak sodat meer kinders daarby kan baat,” het Vermeulen gesê.

Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum steun moedertaalonderrig tot in graad 12, asook voortgesette tersiêre studie daarin. Die noodsaaklikheid van moedertaalonderrig is onlangs by die Solidariteit Beweging se Onderwysberaad in Centurion bespreek.

Die doel van die beraad was om Solidariteit Beweging-lede en die breë gemeenskap toe te rus sodat hulle die uitdagings rondom Afrikaanse skole kan hanteer. Die doel was verder om Afrikaanse ouers aan te moedig om meer betrokke by hul kinders se skole te raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Disselboom ·

Moedertaalonderrig is belangrik en beslis ‘n voorkeuropsie. Eerste wêreldse en beste vakkundigheid en tegniek ook.

Sarie ·

Hulle het ‘n president wat sin maak. Op ‘n besoek aan Namibië ‘ n paar jaar terug het hulle ons vertel dat die onderwysers ‘n toets in Engels moes skryf om te sien of hulle inEngels kan onderrig gee. Die meeste het gedruip.

Amanda ·

Maroela hoekom kry julle nie n ‘like’ of knoppie nie :-)

Lindie Lourens ·

Dit het hul vrek lank gevat om dit agter te kom. Wonder hoe lank dit SA gaan vat .

popeye ·

Hou moed, ons is verder suid in SA, dis logies dat die intelligensie langer sal vat om hier uit te kom. Daar sal ‘n dag kom dat” apartheid” net , nie meer mense gaan motiveer om ‘n stemkeuse te maak nie. Dit gaan dalk nie nirvana wees nie, maar die huidige bestel gaan en kan nie hou nie

Hendrik ·

Hulle was slim, vandag 1af was Engels amptelike taal a.g.v tale in die land, skole besluit self oor onderrig taal en walla wat n wen resep

Victor Correia ·

Aros voorsien tans wiskunde boeke vir Graad 1-3 in al Namibië se amptelike tale.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.