Negester Klein-Kariba bied jou die Bosveld op sy beste

 20140124_093538-Medium.jpg

Negester Klein-Kariba (foto verskaf)

[promosie-artikel]

Negester Klein-Kariba, met sy pragtige Bosveld-fauna en -flora, lê in die Waterberg-biosfeer wat ook ʼn UNESCO-erfenisgebied is. Dié beveiligde en volhoubare leefstyl-landgoed vir vyftigplussers, grens aan die ATKV-Klein-Kariba Vakansieoord en is naby Bela-Bela (Warmbad) geleë, net ʼn uur se ry van Pretoria af. Daarby bied die Bela-Bela- en Waterberg-omgewing jou boonop die verdere voordele van ʼn heerlike klimaat, goeie winkels, ʼn private hospitaal, topklas gholfbane en ʼn verskeidenheid natuurreservate!

ʼn Simfonie vir die sintuie

By Negester Klein-Kariba is die ontwerpstyl van de geboue ʼn kontemporêre interpretasie van historiese Laeveldse plaasargitektuur en dit pas mooi in by die omgewing en landboukonteks. Verder word die natuurlike eienskappe van die leefstyl-landgoed grootliks onversteurd gelaat, met geboue wat ontwerp is om ʼn lae visuele en fisiese impak op die bosveld-bioom te hê. Die leefstyl-landgoed se dorpsgebied beslaan ongeveer 83 ha, met 395 voltitel-plot-en-plan-eenhede wat in 4 fases ontwikkel word.

 20160126_165740-Medium.jpg

Negester Klein-Kariba (foto verskaf)

Meer as 180 eiendomme is reeds verkoop. Verder is 20 huise voltooi, 44 huise in aanbou en 54 in die pyplyn. Tans is 248 erwe ten volle gediens. Erfpryse begin by R342 800 en huisgroottes wissel van ±92 m² tot 225 m². Ingesluit by die prys van die erf, is goedgekeurde huisplanne, argiteksfooie en oordragkoste (munisipale indieningsfooie van ±R2 000 uitgesluit).

Dan bied Negester Klein-Kariba nog ʼn opwindende opsie, 38 deeltitel-duette. Hierdie eenhede is gerieflik in die leefstyl-landgoed geleë naby die mediese sorgsentrum, hoofingang en beoogde gemeenskapsentrum met ʼn biblioteek, dameskroeg en sportfasiliteite (wat tennisbane, ʼn swembad en rolbalbane insluit). Pryse van duet-eenhede met standaardafwerkings begin by R775 000. ʼn Wooneenheid is 77 m2 groot (hierby ingesluit is ʼn stoepie van 9 m2 en ʼn motorafdak van 18 m2). Behalwe vir oordragkoste, is geen BTW of munisipale indieningsfooi betaalbaar nie.

ATKV as gemoedsrus-ontwikkelingsvennoot

Die ATKV-direksie het ongeveer ses jaar gelede ʼn diversifikasiestrategie aanvaar om onder meer betrokke te raak by die ontwikkeling van leefstylbehuising vir die vyftigplusser-groep. Volgens Schalk Cilliers, ATKV-Sake se besturende direkteur, was dit ATKV-Sake se strategie om ʼn voetspoor van beveiligde leefstylbehuising in Suid-Afrika te vestig. Negester Klein-Kariba en Negester Onrusrivier was die begin van die uitvoering van hierdie strategie.

 KKSorgsentrum2.jpg

Negester Klein-Kariba (foto verskaf)

ʼn Toevlugsoord vir sagtesorg

Negester Klein-Kariba spog met ʼn moderne, goed-toegeruste mediesesorgsentrum. Tuisversorging word as ʼn standaardopsie, deur Elsorg, ons mediesesorgdiensverskaffer, aangebied. Elsorg spesialiseer al sedert 1997 in raakvat en gewaardeerde gemeenskaps-, mediese ondersteunings- en verplegingsdienste. Elsorg het ʼn praktyknommer om in sekere gevalle kostes van mediese fondse namens inwoners te verhaal. “Dit is ook ons oogmerk om tuisversorging by elke Negester as ʼn standaarddiens aan te bied, asook om moderne en goedtoegeruste sorgsentrums te bou wat aan inwoners se mediese behoeftes kan voldoen en sodoende verdere gemoedsrus te verseker,” sê Cilliers.

Skyn helder!

 20160126_165740-Medium.jpg

Negester Klein-Kariba (foto verskaf)

DJ Opperman se gedig, Negester en stedelig, het gedien as inspirasie vir die ontwikkeling van die Negester-handelsmerk en slagspreuk. Die Negester-visie het ook hierop voortgebou, naamlik die ontwikkeling en bestuur van volhoubare, beveiligde en gewaardeerde leefstyl-landgoedere, waar die totale menswees van die vyftigplusser-groep gekoester kan word. En, soos met Opperman se gedig, “Onthou altyd aan jou dade grens ʼn ewigheid […] en mag die Suiderkruis en Negesterre witter as die stedeligte in jou siel bly skitter,” glo Negester Klein-Kariba sy leefstyl-landgoed bied juis so ʼn volhoubare omgewing aan sy inwoners.

Vir eiendomsnavrae, besoek gerus Negester Klein-Kariba se webtuiste, of kontak Carin Boshoff by 071 612 9129 ([email protected]) of Hansie Boshoff by 082 419 4642 ([email protected]) vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.