Swart en wit renosters in Suid-Afrika het al die hulp nodig wat hulle kan kry teen stropery. Nissan Suid-Afrika het daarom ʼn Nissan Patrol 4×4-voertuig aan die Pilanesberg Nasionale Park geskenk.
Nissan meen die rateltaai Patrol is die beste voertuig om die park van 550km² teen stropers te beskerm. Johnson Maoka, die park se bestuurder, sê hulle het twee uitdagings met die bekamping van renosterstropery, naamlik mannekrag en mobiliteit.
Weens die park se grootte en moeilike terrein is hulle dankbaar vir die Nissan Patrol.
Die park het sedert Februarie 2016 nog nie weer ʼn renoster verloor nie, maar Maoka meen hulle kan nie nou op hul louere rus nie, aangesien voorkoming beter is as genesing.