Nog leerders vind baat by Virseker, Wolkskool se kompetisie

(Foto: Verskaf)

Die tweede wenners in die Virseker- en Wolkskool-kompetisie is onlangs aangekondig. Hulle is die tweede gesin van agt wat R30 000 vir hulle kinders se skoolgeld wen.

Die Buys-gesin het twee kinders, een in Hoërskool Oos-Moot en een in Laerskool Lindopark. Dit is juis 11-jarige Ellouise Buys wat Die Wolkskool maklik baasgeraak het tydens die aanvanklike grendeltyd in 2020. Haar ouboet, Sheylin Buys, was net so beïndruk met die platform.

Die prys is by Solidariteit Skoleondersteuningsentrum se hoofde-ontbyt in Centurion vroeër in Augustus oorhandig.

Volgens die Buys-gesin is een van die voordele van dié platform dat hulle kinders dit maklik kan gebruik om hulle skoolwerk deur te werk indien daar iets is wat hulle nie verstaan nie, of as hulle wil voorberei vir die volgende dag se klas.

Leon Fourie, uitvoerende hoof van die SOS, sê die organisasie is dikwels nog stomgestaan oor hoe maklik jong leerders die stelsel baasraak.

“Ons het tans meer as 4 000 leerders jonger as tien wat die stelsel gebruik – natuurlik te danke aan ʼn uitgebreide afdeling vir grondslagfase-leerders, maar beveel aan dat ʼn ouer hulle help. Ons sien egter toenemend hoe die jongetjies van so tien en 11 jaar sommer net inspring en die stelsel baasraak. Hulle is soos eendjies in die water – hulle swem sonder dat hulle geleer word.”

Die Kop-in-die-wolke-kompetisie wat die Wolkskool saam met die versekeraar Virseker aanbied, is steeds aan die gang en daar is nog geleentheid vir ses gesinne wat aktiewe profiele op Die Wolkskool het, om R30 000 te wen om hul kinders se skoolfonds te help betaal.

“Al wat jy moet doen om in aanmerking te kom, is om by Die Wolkskool ʼn aktiewe profiel te hê en ʼn Virseker-kwotasie aan te vra.  As jy ʼn bestaande Virseker-kliënt is, hoef jy net by die Wolkskool te registreer om in aanmerking te kom, en as jy ʼn kliënt is wat reeds geregistreer is, kom jy outomaties in aanmerking,” sê Fourie.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Goeie nuus, Ouerskap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.