Nóg ʼn aktrise verwag eersteling

Rolanda Marais en Jozua Malherbe by hul troue in Februarie vanjaar (Foto: Facebook)

Rolanda Marais en Jozua Malherbe by hul troue in Februarie vanjaar (Foto: Facebook)

Die ooievaar is behoorlik doenig onder die bekendes! Die bekroonde aktrise, Rolanda Marais, het Dinsdag aan Sarie bevestig sy en haar man, die regisseur Jozua Malherbe, verwag hul eersteling.

Die egpaar het in Februarie vanjaar by die Old Mac Daddy in die Elgin-vallei in die Wes-Kaap die knoop deurgehaak.

Rolanda het aan Sarie vertel sy is reeds vyf maande swanger en verwag die dogtertjie sal in Desember haar opwagting maak.

Rolanda het haar opgewondenheid ook op sosiale media gedeel: “Dit is met groot opwinding dat ek hierdie nuus met julle deel! Een van die dae gaan ons nuwe gesin een lyfie groter word.”

Die aktrise het die afgelope tyd groot opslae gemaak vir haar spel in die televisiereeks, Vlug na Egipte. Sy is ook bekend as Stefanie Louw Malherbe in die sepie, Binnelanders.

Sy koer ook gereeld op sosiale media oor Jozua. “Ek dink nou weer terug aan daai wonderlike dag in Februarie toe ek die awesomeste man in die wêreld se vrou geword het. Ek was nooit iemand wat gedroom het van trou nie, maar noudat ek dit gedoen het, moet ek sê dit is totally die moeite werd!” het sy laat hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

san ·

Baie geluk Rolanda en Jozua. Mag die baba baie vreugde in jul lewe wees. Lekker baba goedjies shop en vir die babakamer.

Anda le Roux ·

Baie baie geluk met hierdie groot geskenk en gawe uit God se hand. Jozua, jy is so bevoorreg om ‘n vrou te kry wat sooo lief vir jou is en met soveel lof van jou praat …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.