Nog ʼn meevaller vir pasgetroude motorwagte

Marius en Hannetjie du Preez spog met hul splinternuwe glimlagte. (Foto: Verskaf)

Marius en Hannetjie du Preez spog met hul splinternuwe glimlagte. (Foto: Verskaf)

Marius en Hannetjie du Preez, die motorwagte van Vereeniging wat in Julie tydens hul droomtroue in die eg verbind is, se weldoener het hulle die afgelope maand weer gehelp toe sy vir splinternuwe glimlagte vir dié pasgetroudes gesorg het.

Heleen van Zyl, ʼn binneshuisversierder van Meyerton, het vroeër vanjaar aan Maroela Media vertel Marius, ʼn motorwag by die Habby & Lace-materiaalwinkel in Vereeniging, het haar destyds genader met sy planne om in die hof met sy verloofde, Hannetjie, te trou.

Hannetjie is ook ʼn motorwag by Habby & Lace. Van Zyl het destyds ingespring om met die hulp van die plaaslike gemeenskap die paartjie te help om hul troudag ʼn dag te maak wat hulle nooit sal vergeet nie.

Van Zyl vertel ná afloop van die troue het haar skoonsuster ʼn foto van Hannetjie gesien waar sy breed glimlag. “My skoonsuster, Ronel, werk by ʼn tandarts en ek het toe vir haar gevra of sy nie voelers wil uitsteek by dié tandarts om vir Marius en Hannetjie te help nie.”

Hannetjie en Marius op hulle troudag. (Foto: Verskaf)

Hannetjie en Marius op hulle troudag. (Foto: Verskaf)

Sy vertel sy het kort daarna gehoor dat dié Vanderbijlparkse tandarts die groenlig gegee het om vir Marius en Hannetjie elkeen ʼn splinternuwe kunsgebit in te sit. “Ons het daarna die wonderlike nuus gekry dat twee laboratoriums ook ingestem het om te help met die maak van die tande.”

Binne twee weke is afdrukke van die egpaar se monde geneem, hul eie tande is getrek en die plaatjies is kort daarna ingesit. “Marius het vir my kom sê sy selfbeeld voel weer 100%.”

Van Zyl sê die prosedure was pynlik en sy en ʼn vriendin het die motorwagte van pynmedikasie voorsien. “Marius en Hannetjie is baie gelukkig. Hulle sê albei vir my daar is ʼn groot verandering in hulle menswees – en ek kan dit sien ook.”

Die egpaar het onlangs ʼn bankrekening oopgemaak sodat hulle geld kan spaar vir ʼn yskas en ʼn wasmasjien. “Hulle wil baie graag op hul voete kom en na ʼn ander woning trek, maar hulle kort nog ʼn paar basiese goed,” sê Van Zyl.

Sy voeg by dat Marius op 25 Augustus sy verjaarsdag vier. “Daar maak ʼn nuwe restaurant in die omgewing oop, en dié restaurant het vir Marius en Hannetjie uitgenooi om daar te kom eet. Ons sal dan met dié geleentheid weer vir Hannetjie help om haar ʼn bietjie op te dollie.”

Sy vertel die egpaar is “baie erg” oor haar. “Hulle is baie lief vir my en kom gee altyd ʼn drukkie. Ek is maar net so erg oor hulle ook, al is ek soms streng met hulle,” skerts sy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Rut ·

Ag dit is so mooi. herstel mos nou n mens se geloof so bietjie vir bietjie in die mensdom. En hulle lyk pragtig. Well done julle… Dankie Here vir sulke positiewe “uplifting” mense.

Ai ·

Ek stem, dis goed vir hulle selfbeed. En die weldoeners, julle sal geseen word.

Meraai ·

Dit is so wonderlik om te sien dat daar nog mense is wat bereid is om goed aan ‘n mede mens te doen. Ek sal graag ook ‘n bydrae wil maak vir hulle help met breek goed vir hulle nuwe plek. Ek het ‘n moto in die lewe wat is as jy saai sal jy maai. Dit is saad wat jy in die grond sit en sal jy ‘n oes kry. Baie sterkte vir julle vorentoe.

Colleen ·

Te pragtig die twee. Baie dankie aan almal wat gehelp het. Mag hulle altyd gelukkig saam wees.

Annamarie Olivier ·

So wonderlik om goeie nuus ook te sien.
Baie geluk en mag al julle drome waar word!

Elsa ·

Hierdie weldoeners se oes gaan groot wees, mooi voorbeeld om in die regte grond te saai..
geseend sal jul wees….

Lindie ·

Dit is so ‘n goed-voel storie. Dankie vir die mense wat ‘n verskil in die 2 se lewens maak!

Lee ·

Dis nou ‘n mooi storie Maroela. Baie dankie. Meer sulke stories sal great wees!

Hallelujah ·

Waaragtig ‘n positiewe storie. Waaragtig pragtig. ‘n Baie goed voel storie. Uplifting upling.

Theresa ·

Bravo!! Wat ‘n aangename artikel! Dankie aan die weldoener(s). Fantastiese verskil in die twee se lewe – wow!

se net ·

n Baie groot dankie vir die tandarts en laboratorium wat die mense gehelp het. Ek hoop hul sien darem hoe pragtig die mense lyk met die kunsgebit.

Hannelie Beckmann ·

Dit is so wonderlik om te hoor dat daar nog goeie mense is in die lewe wat ‘n verskil maak in ander se lewe sonder om iets terug te verwag.

Johan ·

Dis so lekker om weer ‘n positiewe storie te lees. Hoop hulle sal gelukkig wees en dat die lewe ook vir hulle sal glimlag.

Antoinette ·

Wens koerante wil NET sulke stories plaas! Almal sal dan sommer verander!!

Rhode en Petro Truter ·

N wonderlikke verhaal van menswees en liefde . ons land het sulke goeie dade so nodig .

Driekie ·

Seen wense aan die paartjie asook aan al die betrokke weldoeners. – Dink net hoeveel mense kan gehelp word indien almal wat in so n bevoorregte posisie is net een behoeftige persoon kan seen met n weldaad….

Essa ·

Die grootste geskenk – menswaardigheid, respek, liefde. Heleen van Zyl en almal betrokke, baie dankie vir julle groot ingryp in die Du Preez se omstandighede, Julle is die voorbeeld vir ander! Seen vir almal.

Pink ·

Wat ‘n pragtige storie, maak sommer mens se hart bly as mense saam staan en mekaar help.

Katerina ·

Dit laat mens goed voel om die storie te lees?Ek het die storie van hul huweliksdag ook so geniet.Lekker verjaar Marius?

Carlien ·

Wat n mooi storie!!!!!!!! So lekker om te sien mense gee nog om, daar is meestal net negatiewe artikels, hierdie storie is soos n vars briesie.. Doen so voort..

Estelle Behr ·

Haai siestog Here, voorspoed vir die toekoms julle twee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.