Nóg sukses wink vir vrou in rugbywêreld

Theresa Le Roux (Foto: Verskaf)

Toe Theresa le Roux, een van die mees gevierde sportbestuurders aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU), haar loopbaan in netbal vaarwel geroep het, was sy slaggereed om groot uitdagings aan te pak.

Le Roux het onlangs ná meer as 20 jaar as hoof van die netbalklub by dié universiteit in Port Elizabeth by die FNB-Madibaz-rugbyklub oorgeneem.

As hoof van die Spar Madibaz-netbalklub het Port-Elizabeth se klubliga talle noemenswaardige suksesse behaal en soveel as 24 toernooie gewen.

Haar nuwe pos by die FNB-Madibaz-rugbyklub noem sy “’n man se werk”.

“Ek het op ʼn dag besef dat ek nie meer veel in netbal kan bereik nie, en dat ʼn fokusverskuiwing vir my ʼn nuwe geleentheid kon bied,” vertel sy.

Le Roux sê haar fokus is nou op haar nuwe taak en dat sy alles wat sy in haar loopbaan tot dusver geleer het, gaan gebruik om ʼn sukses daarvan te maak.

Die liga het tot nou gefokus op die Varsity-beker omdat universiteitspanne nie kwalifiseer om aan die nasionale klubkampioenskaps-kompetisie deel te neem nie.

“Dit is belangrik om ’n goeie omgewing vir die spanlede te skep om te help om die klub positief in die toekoms te laat vaar. Wat ontwikkeling betref sou ek graag wou hê ons moet ons stempel in die EP Grand Challenge-liga afdruk, en dat die vrouespan selfs meer groei,” sê sy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.