Nomineer en wen: Op soek na SA se gesondheidsamaritane

Argieffoto (Foto: Berzin, Pixabay)

Solidariteit se splinternuwe Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns is op soek na gesondheidspraktisyns in Suid-Afrika wat uitstyg in hul gemeenskapsdiens. Die Gilde gaan vanjaar die eerste keer gesondheidspraktisyns wat werklik die ekstra myl vir hul pasiënte loop, met dié Gilde se Gesondheidsamaritaan-toekenning vereer.

Lede van die algemene publiek word uitgenooi om gesondheidspraktisyns te nomineer wat in hul opinie bo en behalwe dit wat in hul beroep verwag word opgetree het en dus verdien om as ʼn gesondheidsamaritaan vereer te word. Lede van die publiek wat hul nominasie motiveer deur hul samaritaanstorie te vertel, staan boonop die kans om een van twee pryse te wen. ʼn Seevakansie en ʼn kontantprys is op die spel, maar daar is slegs enkele dae oor om deel te neem, aangesien nominasies op 31 Mei 2017 om middernag sluit.

Moira-Marie Kloppers, bestuurder van Solidariteit Beroepsgildes, beklemtoon dat die Gilde veral klem lê op meesterskap, nie net in hul onderskeie dissiplines nie, maar ook in die gemeenskap. “Om erkenning te gee aan buitengewone roepingsgedrewenheid onder gesondheidspraktisyns, is die hoofrede vir die Gesondheidsamaritaan-toekenning.” sê Kloppers. “Dit is hoog tyd dat daar weer ʼn bietjie goeienuus-stories in Suid-Afrika vertel word – gemeenskapstories van mense wat die ekstra myl vir mekaar loop, nes die Samaritaan in die Bybelgelykenis. Ons dink ons gaan verbaas wees oor die groot aantal spreekwoordelike Samaritaan-stories wat uit hierdie kompetisie vertel gaan word.”

Deelnemers aan die kompetisie word aangemoedig om voor 31 Mei 2017 om middernag hul gesondheidspraktisyns te nomineer, hul nominasie volledig te motiveer en dan die kans staan om groot pryse te wen.

Besoek die webwerf vir verdere inligting of om jou samaritaanstorie te vertel.
Lede van die gemeenskap kan soveel gesondheidspraktisyns nomineer as wat hulle wil.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.