Noord-Kaap haal gesogte lys

Noordkaap

Foto: Pixabay.com

Die Noord-Kaap is pas aangewys as een van die tien top-streke om te besoek ter wêreld. Volgens Rough Guides, ʼn reisgids wat wêreldwyd gereken word, het die Noord-Kaap die sesde plek behaal.

Die Noord-Kaap se groot landskap, plantegroei, rooi duine, woestyn en wildlewe het hom dié plek op dié gesogte lys besorg. Op die Rough Guides se webwerf word reisigers aangemoedig om dié besonderse streek te gaan besoek: “Gaan besoek die plek van die Khoi-San, die oudste bevolking van die mens, of geniet die Oranjerivier se witwater-kajaktoere.”

Ander streke wat ook die lys behaal het:

1. Alaska, VSA
2. Gujarat, Indië
3. Tasmania, Australie
4. Québec, Kanada
5. Tohoku, Japan
6. Noord-Kaap, Suid-Afrika
7. Lombok, Indonesië
8. Calabria, Italië
9. Kastilië en Léon, Spanje
10. Die westelike eilande, Skotland

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gideon ·

Ek self woon en werk hier teen die Augrabiese watervalle. Die plaas waar ek werk is teen die hoofroete na die Valle toe en daagliks sien ons massas toeriste verbyglip Valle toe. Soms wens ek net ons plaaslike toeriste instansies of staatsdienste kan n projek loods om informasieblaadjies met kaarte en aktiwiteie op te stel. Ek het al menig mal toeriste gekry wat slegs weet van watervalle terwyl die area baie meer het om te bied. So verloor mens blootstelling, inkomste en waardering.

Groete uit die Noord Kaap
Gideon Kotze

Martiens Bezuidenhout ·

Goeiedag Gideon… daar is inderdaad ‘n gesonde toerisme industrie in die Groen Kalahari. Die regering, deur verskeie instansies, ondersteun privaat besigheid deur programme en befondsing, sowel as leiding en die skepping van kommunikasie kanale met rolspelers soos die munisipaliteite ens. Die Kokerboom Food & Wine Route is ‘n goeie voorbeeld van so projek en word deur Open Africa ondersteun. Daar is kaarte en brosjures by verskeie punte op die roete beskikbaar en splinter nuwe padtekens vir die roete word binnekort opgerig. Die roete word deur privaat individie gedryf en enige iemand is welkom om deel deel te word, hetsy om uit te help met die bevordering van toerisme in die Groen Kalahari, sowel as die Noord Kaarp as ‘n geheel, of as ‘n aktiewe lid in die vorm van akkomodasie, aktiwiteit of ander toerisme dienste. Kontak my gerus indien jy sou wou betrokke raak.
Vriendelike Groete,
Martiens.

Jana van Jaarsveld ·

Ons het vir ‘n week in Des by di valle gekamp was nogal teleurgesteld met die diens van Sanparke daar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.