Nóú is die tyd!

tydEk ervaar ʼn geweldige dringendheid: nóú is die tyd! Daar was die Arise Warrior-konferensie met duisende vroue en toe oom Angus se aankondiging “It’s time!” – ʼn Gebedsdag oor presies 52 dae op 22 April in die hartjie van Suid-Afrika met die doelwit om een miljoen mense van alle dele van Suid-Afrika bymekaar te kry. “It’s time!”

My vraag aan elkeen van ons is net: “And in the meantime?”

Besef ons daar word onophoudelik vir ons land en sy mense gebid? Op 26 Februarie het Christene oor ras- en denominasiegrense heen op 220 plekke in ons land bymekaargekom vir die gebedsaksie United Prayer for South Africa (UP4SA). Daar is gebid vir eenheid en ook die aksie om een te word; hoor die eggo op die webblad: “It’s time for us to rise, take a stand and unite in prayer.”

Vrydag 4 Maart is die Wêreldbiddag vir Vroue met ʼn fokus op Jesus se genade vir almal – en (weereens die tyd-tema) dit is nooit te laat om Hom te aanvaar as jou Verlosser nie!

Oom Angus se woorde in sy video-uitnodiging laat my dink: “We are tired of people taking the law into their own hands.

Ek stem! Maar watter verantwoordelikheid neem ons wel in eie hande? Hoe is ons einste hande besig om die nuwe wet van Christus – die wet van die liefde – uit te leef? Wys ons liefde en doen ons liefde deur ʼn broer of suster op te help of te omarm met die liefde van Christus?

“It’s time” breek nie op 22 April aan nie! Dis rééds tyd – vandag!

Verbeel jou, Suid-Afrikaners wat in die volgende 52 dae een dag, een gesprek en een persoon op ʼn slag met ʼn nuwe hart benader! Met God se hart, ʼn sagte hart – ʼn hart en ʼn gesindheid van eenheid! Wat bereid is om nóú reeds aspris en doelbewus saam te staan en saam te werk en saam te bid in Bloemfontein of sommer by die skool, in die parkeerterrein of in die ry by die poskantoor!

Stel jou voor 22 April word dan ʼn dankfees met ʼn miljoen mense wat God loof en prys vir wat Hy rééds gedoen het – vir die genadige reën en die vrede in ons land omdat ons gedoen het wat ons rééds weet ons moet doen:

“As My volk oor wie my Naam uitgeroep is – die volk wat my Naam dra – hulle verootmoedig, berou toon en bid, vra en soek na my wil en terugdraai van hulle bose weë af, sal Ek hoor en luister en hulle sonde vergewe en hulle land gesond maak en laat herstel.” – 2 Kronieke 7:14

Lindie Strydom

Meer oor die skrywer: Lindie Strydom

Lindie Strydom is ‘n bekende radio- en TV persoonlikheid, skrywer en spreker met ‘n passie vir haar gemeenskap! Sy is getroud met Johann Strydom en die ma van drie kinders, Paul en ‘n tweeling, Hugo en Nina.

Deel van: Goeie nuus, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
wilma

Hallo Lindie

Is die Wêreldbiddag vir vroue nie Vrydag, 3 Maart en vir mans Saterdag 4 Maart nie?

Dankie.

dirk

elke dag is ‘n tyd om besig te wees met gebed. met selfbehoud en iets doen vir jou naaste

PvZ

Altyd voor ons op skool rugby gespeel het, het ons eers gebid. Daardie sirkeltjie op die veld. Die ander span ook. Nog ‘n sirkeltjie. Ek het ook Angus se oproep tot gebed gesien. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek glo 100% in die krag van gebed, want my Vader is almagtig, en regverdig. Maar waarvoor bid ons? Dat alles moet terug gaan na voor 1994. (Net sonder die onluste). Dat ou Maria, asb. net vandag kom werk, sodat sy die bed kan opmaak en die skottelgoed was. Moet ons bid dat hulle nie ons plaas kom vat nie. Waarvoor… Lees meer »

LeonR

Hierdie is vir my amper soos Moeders-, en Vadersdag. Kan ek die heeljaar met hul lelik wees en slegs op hierdie betrokke dag my liefde betoon? NEE. Ons moet ELKE dag tot HOM aanbid en met HOM gesels. Hoe ken jy vriende, nie deur eenmaal ‘n week hallo te sê en te groet nie. Dan ken julle mekaar nie. Julle is dan slegs kenisse. Maar praat elke dag met die persoon sodat hy jou ook kan ken. So is dit met onse Vader, ons moet in voortdurende gesprek bly met Hom, die Skepper van alles, jy en ek!

Christelle

Moenie hierdie wonderlike dag negatief praat nie God praat met Angus hys soos Abraham was. As God ons roep dan staan jy op en jy sorg dat jou voete klap ons mense gaa. Meer as n miljoen wees die opgewonde gevoel wat ek van die Here kry is onbeskryfbaar ons Gaan God behoorlik voel ons moet nooit ophou bid nie al kom daat spesiale datums. Maar die 22 April is vir ons almal kinders en babas en mammas en pappas ooms tannies en oupas en oumas.velkleur maak nie saak nie duisende vrouens is wonderlik maar ons gaan almal en dis… Lees meer »