Nóú is die tyd!

tydEk ervaar ʼn geweldige dringendheid: nóú is die tyd! Daar was die Arise Warrior-konferensie met duisende vroue en toe oom Angus se aankondiging “It’s time!” – ʼn Gebedsdag oor presies 52 dae op 22 April in die hartjie van Suid-Afrika met die doelwit om een miljoen mense van alle dele van Suid-Afrika bymekaar te kry. “It’s time!”

My vraag aan elkeen van ons is net: “And in the meantime?”

Besef ons daar word onophoudelik vir ons land en sy mense gebid? Op 26 Februarie het Christene oor ras- en denominasiegrense heen op 220 plekke in ons land bymekaargekom vir die gebedsaksie United Prayer for South Africa (UP4SA). Daar is gebid vir eenheid en ook die aksie om een te word; hoor die eggo op die webblad: “It’s time for us to rise, take a stand and unite in prayer.”

Vrydag 4 Maart is die Wêreldbiddag vir Vroue met ʼn fokus op Jesus se genade vir almal – en (weereens die tyd-tema) dit is nooit te laat om Hom te aanvaar as jou Verlosser nie!

Oom Angus se woorde in sy video-uitnodiging laat my dink: “We are tired of people taking the law into their own hands.

Ek stem! Maar watter verantwoordelikheid neem ons wel in eie hande? Hoe is ons einste hande besig om die nuwe wet van Christus – die wet van die liefde – uit te leef? Wys ons liefde en doen ons liefde deur ʼn broer of suster op te help of te omarm met die liefde van Christus?

“It’s time” breek nie op 22 April aan nie! Dis rééds tyd – vandag!

Verbeel jou, Suid-Afrikaners wat in die volgende 52 dae een dag, een gesprek en een persoon op ʼn slag met ʼn nuwe hart benader! Met God se hart, ʼn sagte hart – ʼn hart en ʼn gesindheid van eenheid! Wat bereid is om nóú reeds aspris en doelbewus saam te staan en saam te werk en saam te bid in Bloemfontein of sommer by die skool, in die parkeerterrein of in die ry by die poskantoor!

Stel jou voor 22 April word dan ʼn dankfees met ʼn miljoen mense wat God loof en prys vir wat Hy rééds gedoen het – vir die genadige reën en die vrede in ons land omdat ons gedoen het wat ons rééds weet ons moet doen:

“As My volk oor wie my Naam uitgeroep is – die volk wat my Naam dra – hulle verootmoedig, berou toon en bid, vra en soek na my wil en terugdraai van hulle bose weë af, sal Ek hoor en luister en hulle sonde vergewe en hulle land gesond maak en laat herstel.” – 2 Kronieke 7:14

Meer oor die skrywer: Lindie Strydom

Lindie Strydom is ‘n bekende radio- en TV persoonlikheid, skrywer en spreker met ‘n passie vir haar gemeenskap! Sy is getroud met Johann Strydom en die ma van drie kinders, Paul en ‘n tweeling, Hugo en Nina.

Deel van: Goeie nuus, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

wilma ·

Hallo Lindie

Is die Wêreldbiddag vir vroue nie Vrydag, 3 Maart en vir mans Saterdag 4 Maart nie?

Dankie.

dirk ·

elke dag is ‘n tyd om besig te wees met gebed. met selfbehoud en iets doen vir jou naaste

PvZ ·

Altyd voor ons op skool rugby gespeel het, het ons eers gebid. Daardie sirkeltjie op die veld. Die ander span ook. Nog ‘n sirkeltjie. Ek het ook Angus se oproep tot gebed gesien. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek glo 100% in die krag van gebed, want my Vader is almagtig, en regverdig. Maar waarvoor bid ons? Dat alles moet terug gaan na voor 1994. (Net sonder die onluste). Dat ou Maria, asb. net vandag kom werk, sodat sy die bed kan opmaak en die skottelgoed was. Moet ons bid dat hulle nie ons plaas kom vat nie. Waarvoor bid die mense in die plakkerskampe? Bid ons dat God se wil geskied. Dit is nou my God wat gesê het dat ons al ons goed moet verkoop en vir die arm mense moet gee. Bid ons vir “vrede” soos ou Gideon. Daar terwyl ons op die dorsvloer wegkruip. Bid ons dat God iemand moet stuur, tewyl jy die bang “Gideon” is. Angus se oproep laat my baie dink. Hy is reg. SA is op ‘n mes punt. Maar waarvoor bid ons? As ons dit weet, sal ons weet waarvoor om te veg.

anneke ·

Ek stem staam PvZ. En in dieselfde asem vra ek weet ons wie God is. Rerig wie God is. Wie is my God teenoor die God van Anna in die plakkerkamp, teenoor die minister van sport se segspersoon wat so mooi vir God vra om die witmense op ‘n ander manier te straf, teenoor die God in die NGK en die vergete oumens in die ouetehuis wat by God al vir jare pleit dat haar kinders asb moet kom kuier.
Weet ons dat God volkome liefde is maar ook volkome regverdig is.
Weet ons dat God sonde haat maar ons lief het met ‘n “everlasting love”.
Weet ons dat eendag, elke knie sal buig en elke tong sal erken dat daar een lewende God is bo en onder die aarde?
Weet ons dat net een ding kan maak dat ons eendag voor God kan staan sonder dat hy sy rug op ons draai,net een ding en dit is die Bloed van sy Seun Jesus. Nie ons tiendes, vrygewigheid, vriendelikheid, ons kerk bank warm broei elke sondag, nie ons NIKS nie.
Dis my storie. Ken ons God, want waaragdig sal ons nie ‘n dag van gebed nodig wees nie. Dan sal die christene wat wel hier is ons Godgegewe land nie van hulle knieë af opstaan nie omdat ons God ken kan intree soos ons moet.
Mag God van Abraham Isak en Jackob ons genadig wees.

LeonR ·

Hierdie is vir my amper soos Moeders-, en Vadersdag. Kan ek die heeljaar met hul lelik wees en slegs op hierdie betrokke dag my liefde betoon? NEE. Ons moet ELKE dag tot HOM aanbid en met HOM gesels. Hoe ken jy vriende, nie deur eenmaal ‘n week hallo te sê en te groet nie. Dan ken julle mekaar nie. Julle is dan slegs kenisse. Maar praat elke dag met die persoon sodat hy jou ook kan ken. So is dit met onse Vader, ons moet in voortdurende gesprek bly met Hom, die Skepper van alles, jy en ek!

Christelle ·

Moenie hierdie wonderlike dag negatief praat nie God praat met Angus hys soos Abraham was. As God ons roep dan staan jy op en jy sorg dat jou voete klap ons mense gaa. Meer as n miljoen wees die opgewonde gevoel wat ek van die Here kry is onbeskryfbaar ons Gaan God behoorlik voel ons moet nooit ophou bid nie al kom daat spesiale datums. Maar die 22 April is vir ons almal kinders en babas en mammas en pappas ooms tannies en oupas en oumas.velkleur maak nie saak nie duisende vrouens is wonderlik maar ons gaan almal en dis wat die dag spesiaal gaan maak . Kom ons staan bietjie saam hoeveel keer vra God ons iets?

Madelyn ·

Ek kan nie glo dat mense so negatief is oor hierdie gebedsdag nie. Hierdie is nie sommer enige gebedsdag nie, die nie groepies, groepies bid in mense se eie huise of by n paar kerke nie. Dis n Nasionale gebedsdag wat God ons ALMAL ROEP OM op EEN plek bymekaar te kom en SAAM sy aangesig te soek oor die probleme in hierdie land. Die wat so negatief is moet baie versigtig wees dat julle nie jul aan satan se kant skaar nie! Ons moet almal daar wees om te bid teen die vernietigende werk van satan. Ons almal is op n manier, indien nie direk, geaffekteer deur die moorde, verkragtings, diefstal ens in hierdie land. Asb mense STAAN SAAM ASB, die Here is ons enigste antwoord. Angus het die boer wat die video gestuur het, BAIE ERNSTIG opgeneem en voor die Here gegaan en gevra wat is die pad vorentoe, nou moet ons ALMAL gaan in gehoorsaamheid oor wat die Here gese het. Dis baie min gevra.

Hennie Muller ·

Wat n voorbeeld om vandag tyd saam met Oom Angus te spandeur het toe die groep ondersteuners saam na die terrein kyk waar 1 miljoen mense op die 22 April in Bfn verwag word. Sy Hart is reg. Hy wil die verlorenes bereik. Dit gaan oor n verhouding met Jesus CHRISTUS. Vir al die volke en nasies. Die mense van SA soek hulp van Vader God, soos nog nooit tevore nie. Gebed is die antwoord. Sien Jul in Bloemfontein.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.