Nou kan sy matriekafskeid toe gaan, danksy weldoener

Ronel Lombaard. Foto: Verskaf

Ronel Lombaard. Foto: Verskaf

ʼn Weldoener van Pretoria-Noord het ʼn matriekmeisie se grootste wens – om haar matriekafskeid by te woon – laat waar word.

Die 18-jarige Ronel Lombaard van die Hoërskool Gerrit Maritz in Pretoria moes vroeër vanjaar hoor dat sy moontlik nie haar matriekafskeid sou kon bywoon nie, omdat haar ouers, wat in Kuruman werk, geraak gaan word deur mynafleggings.

Magda Bylsma, Ronel se ma, het aan Maroela Media vertel sy moes vroeër vanjaar dié slegte nuus met haar dogter deel, omdat die gesin onder erge finansiële druk verkeer.

“Mense oor die hele land is in die knyp omdat daar nie geld is nie. Die myne maak toe en daar is oral afleggings. Dit het my hart gebreek om vir my dogter te sê sy kan dalk nie na die geleentheid gaan waarna matrieks heeljaar uitsien nie,” het sy vertel.

Magda het haar dogter egter belowe dat sy alles in haar vermoë sal doen om haar in staat te stel om steeds die matriekafskeid by te woon. “Ek het gesê, sussie, ek sal kyk wat ek kan doen, maar ek weet nie waar ek die geld gaan kry nie.”

Maroela Media het vroeër berig oor ʼn voorval waar ʼn bruid van Kanada se rok, net voor haar troue, tydens ʼn brand verwoes is.

“Wens daar was so ʼn engel in Suid-Afrika om my dogter te help met ʼn matriekafskeidrok,” het Magda, sonder enige verwagting, onderaan die berig kommentaar gelewer.

ʼn Weldoener van Pretoria het vinnig met Magda kontak gemaak.

“Die vrou het aanvanklik gesê sy sal kyk wat sy kan doen,” het Magda verduidelik. “Toe bel sy ʼn rukkie later terug en sê maak nie saak wat nie, ons gaan haar by die matriekafskeid kry.”

Die weldoener het intussen ʼn rok vir Ronel uit haar eie sak gereël en boonop gesorg dat haar grimering en naels die aand foutloos sal wees met ʼn professionele fotosessie om die aand te verewig.

“Hoe kan ʼn mens dankie sê? Dis alles net genade. Die vrou het my vertel sy lees nooit eens die kommentaar nie, omdat mense te goor is met mekaar. Sy het egter wel daardie dag die kommentaar gelees, en dit het ons lewe geraak.”

Ronel se groot aand is op 25 Oktober wanneer die Hoërskool Gerrit Maritz sy matriekafskeid hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Gesiggie ·

Magda daar is baie mense in die lewe wat weens finansies nie meer kop bo water kan hou… dit is niks om voor skaam te wees, en ek Glo elke Ma wil net die beste vir haar kind doen, en as ek in jou omstandighede was tydens my dogter se matriek afskeid .. sou ek ook vir hulp gevra het, hierdie is n baie spesiale en groot dag… Dankie aan n Engel van Pretoria.. dat jy jou hart oop gemaak het vir die Ma en haar Dogter.. Ronel… ek weet jy gaan sommer stunning lyk.. geniet jou Matriek afskeid…( Van n Ma wat omgee….) Als uit Genade…

Snuffels ·

Baie dankie aan die weldoener wat Ronel se droom waar laat word het, dit is wonderlik.

Ronel geniet dit. Sterkte aan Magda en gesin. Dit is so hartseer om te hoor van al die afleggings, ons almal word daardeur geraak, en dit gaan nog baie erger word.

Magda ·

Baie dankie almal
Hierdie dierbare ma huil haar oe elke keer uit as sy aan die goeie nuus dink
En hoe sy soos n prinsess gaan lyk

Met Liefde ·

Dit is net uit liefde gedoen, en daarby het ek hierdie pragtige kind ontmoet wat als waardeer wat jy vir haar doen en tevrede is met die minste…….Wat n pragtige dogter waarop haar ma baie trots kan wees.

Magda ·

Maria sal uitvind van die skoene
@Met Liefde… weereens baie dankie

Kabous ·

So mooi storie!! Sal ook graag wil help om nog ‘n meisie se drome waar te maak vir matriek afskeid, as jy dalk weet van nog ‘n meisie wat se droom waar gemaak kan word, kontak my gerus.

Met Liefde ·

Hallo Kabous ons is n groepie in die Noord, wat saam werk om te kyk hoeveel meisies ons kan help, was dit nie vir almal se bydrae nie sou dit nie moontlik gewees het nie. As jy wil betrokke raak kan jy vir my jou nommer stuur dan sal ek met jou in kontak kom. Baie dankie aan die “MATRIEKAFSKEID 2016 Groepie” Julle weet wie julle is vir al jul moeite en liefde wat julle met hierdie projek doen.

Juanette ·

@Met Liefde – as jy my nommer ook by die groep kan bysit.

wil my sussie help ·

@kabous as j dalk nog belang stel of as enige iemand my kan help, my ma sit sonder werk my pa is oor lede en ek is al een wat werk maar my salaris is nie genoeg nie my susie se matriek afskeid is die 29ste september 2016 as enige iemand kan help ek sal dit baie wardeur ons bly in natal

Candice ·

Jis mense julle maak my sommer huil, ek wonder soms as mense slegte goed lees of van hoor of daar hoop is vir die land maar ons kan dalk nie baie doen an die misdade nie maar kan nou maar een ding se, julle mense is awesome om dit vir ander mense se kinders te kan doen en dis so great hoe ons almal so saam staan!

Vixie ·

Wow! Dit is sommer wonderlik om sulke goeie nuus te kan lees. Baie dankie aan al die weldoeners. Hoop die meisiekind se aand is alles wat sy droom dit sal wees

johann cb ·

Daar is werklik nog steeds engele wat op aarde rondloop. Wonderwerke gebeur daagliks. Dankie!

Tony ·

Hoe wonderlik,
Ek is so trots om n suid afrikaner genoem te word agv wonderlike mense soos julle. Ek wens ek was in n beter posisie om ook te kon help.

Hannelie ·

Ai dis so amazing!!! Baie dankie aan die weldoener wat hierdie familie bystaan, ek dink dit beteken baie vir hulle. Die Here sal jou seën.

Hartseer ·

Ek sit self in huil want ek en my stief dogter is deur hel die laaste 3 weke. Haar pa is n drug addict en het my voertuig vir Nigerians gegee. Ek het voertuig terug gekry maar moes baie geld leen of ek was my voertuig kwyt. My salar5is is baie min en het ook geen inkomste van haar pa af ni =e hy het ook sy werk verloor. Ek is besig om probono van hom te skei ek is n wrak en ek kan nie eers haar skoolfonds betaal nie wat nog vir haar n rok vir die matriek afskeid. Dankie dat daar nog mense is wat om gee. Julle is sowaar geseën. My genade sal ook seker eendag kom

Suzettr ·

Ronel (Magda) is jou hare al uitgesorteer? Sal graag wil bydra dat jou hare mooi gedoen word vir die aand

Esme Van Dyk ·

Ek het nou net gelees van die matriek afskeid en besef daar is so baie om dankbaar te wees daar is nog goeie mense my kleinseun se matriek afskeid is in junie maand by die wildcoast sy pa is ook een van die wat verlede jaar afgele is in witbank sy ma werk vir n klein salaris hulle moet betaal vir die matriek afskeid na baie bekommernis het n weldoener die geld betaal toe is dit hoe gemaak met vervoer want hulle het nie n motor nie iemand het aangebied om hul deur te vat na die wildcoast God is goed Ek is so bly dat sy gehelp is

Drikus ·

Kom ons skep ‘n beurs vir Ronel se naskoolse studies. Kan Maroela daarmee help, dit fasiliteer of net help met kontakbesonderhede? Hoor graag van julle.

Met Liefde ·

Drikus, ek het met Ronel n gesprek gehad terwyl ons so rokke aanpas, en sy wil bitter graag grondslag fase Onderwys by Aros studeer, dit sal wonderlik wees as ons haar kan help!! Dis regtig n dierbare liewe kind wat n geleentheid in die lewe moet kry!!

Tersia ·

Dit maak my hart so gelukkig om so iets te kan lees! Daar is regtig nog mense wat omgee en aan hierdie weldoener met ‘n hart van goud ek glo die gesin is opreg dankbaar. Weldoener jy kry ‘n 10 uit 10!

Piet Snot ·

Ronel, jy lyk pragtig.
Hoop die aand is regtig wonderlik.

Luciemarie ·

Ek het 2 rokke wat in my kas hang. Een wat ek self met my matriek afskeid gedra het en een wat ek met ‘n jaareind funksie gedra het. Ek is lank (1.74m). Die rokke is hand gemaak, so sal kan verstel. GRATIS aan 2 meisies! Ek het geen nut vir hulle nie. Altwee is konings blou. Kontak my gerus. Ek is in Kaapstad en sal pos.

Matriekmamma ·

Luciemarie dalk kan ons gesels oor die rokke. As jy jou nommer kan stuur. Dalk kan ek huur of oorkoop.

Matriekmamma ·

Wat maak mens nou as jou dogter 2x matriekafskeide het. Haar eie en haar vriend s’n n maand uitmekaar uit. Hare, rokke, skoene, bykomstighede is nog nie eers in beplanning nie. Ek my doodgeskrik toe ek sien wat rokke kos. Almal het altyd gesè spaar vandat jou kind klein is vir matriekafskeid maar dinge werk nie altyd so maklik uit nie. Nou is dit sulke tyd en hierdie ma se tyd vir beplan en begroot het uitgehardloop.

Matriekmamma ·

Luciemarie dalk kan ons 2 gesels oor die rokke. Huur of oorkoop? Kan jy jou nommer stuur asb

Annakapat ·

Sjoe, ek droog net trane af – dis ongelooflik hoe ons mense bymekaar kan staan vir ‘n goeie doel. Ek versorg my ma met verblyf, etes en water en ligte maar as dit nie daarvoor was nie, sou ek ook graag wou bydra – veral miskien vir seuns wat dit nodig het. Ek hoop julle kan uit die fonds wat julle stig ‘n jong man se drome ook waar maak – ek dink dis vir hulle ook maar belangrik. Dankie vir julle onbaatsugtigheid.

Met Liefde ·

Daar is soveel mense wat bereid is om Ronel, sowel as 20 ander meisies en 4 seuns te help om hul dag baie spesiaal te maak, vanaf haarkappers, grimeer kunstenaars, nael tegnikuste, en self n gastehuis waar hulle ingeboek word om vir die groot dag gereed te maak met almal wat regstaan om hulle mooi te maak…. die mense help regtig met skenkings maar ons kry bitter min kontant bydrae wat ek kan verstaan omdat in vandag se lewe is daar soveel skelms is maar ons het regtig ook kontant nodig om vir die meisies die regte onderklere aan te koop en vir haar ook n pakkie kan saamgee wat sy kan gebruik in die toekoms. So as daar iemand is wat ons hiermee kan help sal ons baie dankbaar wees.

Met Liefde ·

Daar is soveel mense wat bereid is om te help om Ronel, en 20 ander meisies en 4 seuns se dag spesiaal te maak, daar is n gastehuis waar hulle inboek vir die dag, waar hulle bederf gaan word met haarkappers, grimeer kunstenaars en nael tegnikuste, wat hul mooi maak vir die groot aand, maar ons kry bitter min kontant bydrae’s omdat daar in vandag se lewe soveel skelms is wat mense inloop, maar ons het ongelukkig dit nodig om vir die meisie die regte onderklere en ook om vir haar n pakkie op te maak wat sy na die tyd kan gebruik. so as daar iemand is wat ons kan bystaan sal ons dit baie waardeer, wil nie graag vra maar dalk is ons gelukkig……….

Annakapat ·

Met liefde, hoe kry mens kontant by julle – is daar bankbesonderhede?

Met Liefde ·

Bank Besonderhede is soos volg:
A Jansen van Nieuwenhuizen
FNB Tjek rekining
Rek no. 62325767757
Verwysing : Matriekafskeid
Baie dankie ons waardeer baie!!

Kleinstes ·

Met Liefde, jy is een van die Engele wat die Here op hierdie dogters en seuns se pad geplaas het om hul grootste dag baie spesiaal te maak ons dank ook al die mense wat bereid en gewillig is om jou te help het sy met kontant of wat ook jy nog nodig het mag die Here julle almal ryklik seën

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.