Nuwe leermetode vir wiskunde

Foto: Cmaths.co.za

Foto: Cmaths.co.za

Suid-Afrika se Wiskunde en Wetenskap-onderwys is deur verskeie verslae as van die swakste ter wêreld aangewys, maar ʼn nuwe leermetode mag dalk net die antwoord wees.

Soroban is ʼn Japanese wiskunde-metode wat kinders die nodige vaardighede in wiskunde help aanleer. “Kinders kom nie eens agter hulle leer nie, dis soos speel,” sê Marlene Mouton, uitvoerende hoof van C-Maths Suid-Afrika. Volgens Mouton is daar verskillende leermetodes, maar die Soroban-metode kan die vinnigste aangeleer word.

Die Soroban is ʼn telraam soos die Abakus, maar lyk heeltemal anders. Die krale lê vertikaal, daar is een kraal bo ʼn horisontale speek en 4 krale onder dié speek, wat die desimale stelsel voorstel. “Dis wat hom so lekker maak. Die kinders raak nie deurmekaar nie want hulle sien die getal wat die onderwyser op die bord skryf en skuif dan die kraletjies op die Soroban.

Die beste tyd vir kinders om hierdie metode aan te leer is tussen twee en ʼn half- en ses-jaar. “Kinders is soos sponsies op hierdie ouderdom. Hoe kleiner, hoe beter,” het Mouton gesê.

Die Soroban-leermetode kan deur enige kind gebruik word. Dit kan vergelyk word met ʼn kind wat leer netbal speel; party kinders neem deel op nasionale vlak, ander speel vir die provinsiale span. Jy kry ook die dogtertjie wat sommer net van bal-gooi hou. Soraban werk dieselfde. Dis ʼn vaardigheid wat bemeester kan word – die kindertjies wat hard oefen, vorder goed. Mouton meen dat ouers ook ʼn belangrike rol speel. “As die ouers belangstel, vorder die kind goed. As die ouers nie betrokke is nie, gaan die kind ook later belangstelling verloor.”

Die Soroban bevorder nie net die kind se wiskunde-vaardighede nie, maar verbeter ook aan sy konsentrasie en selfvertoue.

Besoek gerus C-Maths se webwerf.

Die verkil tussen die Abakus en die Soroban.

Die Abakus het tien horisonrale rye, elk met 10 krale, wat ʼn totaal van 100 krale gee.

Foto: vignette1.wikia.nocookie.net.

Foto: vignette1.wikia.nocookie.net.

Die Soroban se krale lê vertikaal, daar is een kraal bo ʼn horisontale speek en 4 krale onder dié speek, wat die desimale sisteem voorstel.

Foto: http:minilandeducational.com.

Foto: http:minilandeducational.com.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.