Nuwe taxidiens wil veiliger opsie vir vroue wees

In ʼn tyd dat die probleem van geweld teen vroue en kinders meer in die soeklig is as ooit, sal ʼn nuwe digitale taxidiens na verwagting eersdaags in Suid-Afrika bekendgestel word met die doel om ʼn veiliger vervoeropsie vir vroue te bied.

ChaufHer sal na verwagting voor die einde van die jaar in Kaapstad bekendgestel word, voordat dit volgende jaar na Johannesburg en Durban sal uitbrei.

Danielle Wright, stigter van ChaufHer, sê in ʼn verklaring dié taxidiens is ʼn direkte antwoord op ʼn behoefte in die Suid-Afrikaanse samelewing. “ChaufHer bied vroue en kinders die geleentheid en vryheid om veilig rond te beweeg,” verduidelik Wright.

Sy verduidelik dié digitale taxidiens sal dieselfde werk as bestaande taxidienste, maar met die hooffokus op die bevordering van die veiligheid van vroue en kinders. Al die bestuurders van die taxidiens is vroue en al die passasiers is vroue en kinders jonger as 18 jaar.

“Dit bied vroue wat bekommerd is oor die toenemende geweld en gevaar in die taxibedryf die vryheid om veilig rond te beweeg,” sê Wright.

Nog ʼn veiligheidsmaatreël wat ingestel word om kliënte van ChaufHer te beskerm, is ʼn paniekknoppie en ʼn OTP-nommer. Bestuurders en passasiers word ook deeglik gekeur om die veiligheid van ander partye sover moontlik te verseker, en alle bestuurders ontvang opleiding voordat hulle agter die stuur mag inskuif.

ChaufHer sal later vanjaar digitaal op AppStore en PlayStore beskikbaar wees om af te laai. Besoek gerus hul webblad vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Veiligheid het niks met Feminisme te doen nie ·

Werklik? In die lig van die geweld teen vroue in SA, gaan enige ware man gebelgd voel dat daar ‘n diens is wat poog om vrouens te beveilig?
Dit kan jou ma, suster, vriendin, dogter of vrou wees wat hierdie diens dalk nodig mag kry.

wielie ·

Fantasiese idee! Meer werk skepping en kinders sal ook veiliger voel saam n “tannie” . Party “ooms” ry maar bietjie vinnig en wild en op sypaadjies en verkeerde bane. Good luck ladies …. wys die manne julle kan veiliger bestuur.

Elize ·

Die feit dat dit vrouebestuurders sal wees is nie noodwendig n waarborg dat hulle veilig sal wees nie. Ons het mos al gehoor van die gevalle waar vrouens saam met mans werk om misdaad te pleeg. En ook weet almal dan vrouens en kinders word in die spesifieke taxis vervoer en kan hulle geteiken word.

Lou ·

Wonder nou net wat van die mans wat as vrouens identifiseer. (Ek dink dit is die aanvaarbare term) Daar is baie van hulle in die Kaap. Gaan hulle toegelaat word om in die Taxi’s te ry.
Die vrou is besig om vir haarself ‘n lat te pluk. Deesdae wil mense nie meer geklassifiseer word as ‘n sekere groep nie.

Kaspaas ·

As ek reg onthou, was die mees onlangse ontvoering wat wye media-dekking gekry het se “baasbrein” ‘n vrou gewees!!!

Judge Dredd ·

Jammer maar ek sal nie die diskriminerende besigheid ondersteun.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.