Om armoede te verstaan, moet jy eers kan luister

hh-armoede-luister

Foto: Helpende Hand/Verskaf.

Deur Chantelle Marx

Êrens tussen Hammanskraal en die buitewyke van Pretoria maak ons bussie ’n skerp afdraai na ’n grondpad. Die omgewing herinner my byna aan ’n luukse buitewyk van Johannesburg, daar waar spogperde en paleise pronk. Maar in die plek van perde loop hier ʼn klomp boerbokke. Die mooi van die bosveld steek amper net-net die bouvalle weg. ’n Mens sou nooit kon raai wat hierdie bosveld alles verbloem nie.

Ons hou stil by een van die huise. ’n Stuk of ses honde van alle rasse kom aangehardloop. En toe gaan die deur oop. ’n Vrou kom nader, ’n tienerdogter volg kort op haar hakke. Hulle kom hul kospakkies vir die week afhaal.

Ons is op ’n toer saam met oom Jorrie en oom Gerrie van Solidariteit Helpende Hand se Silverton-tak. Donderdae is vir hulle ’n tyd van gee. Vir die mense wat ontvang, is Donderdae die begin van nog ’n week.

Al geselsend loop ons saam die dogter hul huis binne. Ek het ophou tel hoeveel ander huisies op daardie perseel staan. By die deur steek ek vas. Dis pikdonker en die reuk van ’n koolstoof hang swaar in die lug. Hoe gaan hierdie mense die winter deursien? Behalwe vir die voordeur, is daar geen ander deur in die huis nie. Gordyne dien as afskortings en die huis is yskoud. My oog vang die slopemmer in die hoek, wat as toilet moet dien, en ʼn tienerroman op die sitkamerbank. Is daar ooit elektriese lig om saans te lees?

Ons besoek in totaal 30 sulke huisies, elke huis ewe uniek en elke persoon verskriklik dankbaar om ons te sien. In een vierslaapkamerhuis woon vier gesinne. In die ander huis woon 11 mense in ’n tweeslaapkamerbouval.

Wat my hart die meeste raak, is die kinders. En skielik begin die vrae: Hoe kan ʼn mens jouself toelaat om in sulke omstandighede te verval? Is daar nie iets wat hulle vir hulself of hul kinders kan doen nie? Hoekom doen hulle nie meer nie?

Meteens besef ek: Ek is hier om te luister, nie hier om te oordeel nie. En ek begin luister…

Daar is ’n alleenpa wat elke oggend sy dogter skool toe neem en daar vir haar wag tot sy klaar is. Al die geld vir sy los werkies word gebruik om vir sy kind die beste opleiding binne sy vermoëns te gee.

’n Ma vertel met trots van haar seun wat vir die provinsiale KFC Kids se krieketspan gekies is. Sy meen hy gaan die volgende Jacques Kallis word. Haar dogter is weer ’n hardwerkende leerder aan Hoërskool Wonderboom.

’n Seun wie se ouers hom nooit laat skoolgaan het nie, is nou ʼn voorman op ʼn plaas en hy hunker daarna om te leer lees. Daar is ook ʼn tienermeisie wat daarvan droom om ’n haarkapster te word.

Dit is slegs hoop wat hierdie siklus kan breek. Hoop wat geskep word deur mense soos oom Jorrie en oom Gerrie se onbaatsugtige omgee.

Hoop is deel van die mens se voortbestaan.

  • Chantelle Marx is Solidariteit Helpende Hand se sosialemediabeampte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Gestremde ·

Mense is baie vinnig om te veroordeel terwyl ander berig dat ongeveer 6500 blanke gesinne verval in armmoede weens werkloosheid. Die probleem is dat in plaas van om die mense te help om terug te kom op hul eie bene en vir hulself te sorg word daar vir hul kospakkies gegee. Hoe die duiwel verwag iemand dat ‘n persoon se persoonlike omstandighede gaan verbeter deur die kospakkies terwyl daar niks gedoen word om werk te skep nie. Kry al meer die gevoel Helpende Hand wil vir homself naam maak deur almoese te gee vir die armes. “Die Robin Hood effek”. As die organisasies iets wil doen begin die Swart Ekonomiese Bemagting, Regstellende aksie, ensovoorts beleide onwettig verklaar en reik eerder uit na maatskappye om blankes weer in diens te neem. Maar nee…almal wil eerder ‘n held wees en kan spog dat hy/sy ‘n persoon in nood gehelp het om self goed te voel. As iemand rerig ‘n persoon in nood wil help moet hy eerder kyk hoe hy daai persoon finansiël onafhanklik kan kry om vir homself te kan versorg as om hom/haar ‘n “welsyn” geval te maak. Hoekom begin helpende hand nie eerder met werksprojekte waar produkte vervaardig word uit afval en dan verkoop word en die armes so ‘n inkomste verdien nie? Met herwinning van plastiek is ‘n 150kg baal meer as ‘n R1000 werd. Maar nee almal eerder besorg oor homself en solank daar net lug aan die einde van sy tonnel is.

Veritas ·

Gestremde, jou kommentaar is tipies van iemand wat nog nie die koue waarheid van armoede beleef het nie. In kort kom jou kommentaar daarop neer dat dié mense moet honger ly terwyl hulle werk soek. Jou soort maak my siek. Wat doen jy van jou kant af om ‘n honger kind ‘n snytjie brood te gee? Wie sê vir jou dat daardie ouers nie hul bietjie kos afstaan om ander hongeres te voed nie? Hoe help jy duisende werkloses oornag om werk te kry? Hoekom spring jy nie aan die werk en help die werkloses werk soek nie? Was jy al in ‘n situasie van moedeloosheid, so erg, dat gesinsmoord na die enigste oplossing lyk?

O NEE ·

Jammer gestremde maar net so graag soos ek met jou wil saamstem KAN Helpende Hand nie vir almal met WERK en OPLEIDING help nie. WAAR is die ander organisasies en kerke dan nou?? HOEKOM moet kinders HONGER gaan slaap — hulle ouers kry nie werk nie en nie Helpende Hand of die REGERING kan nie vir hulle werk gee nie.. nou gee Helpende Hand maar KOS en SKOOLtassies en help WAARMEE HULLE KAN terwyl die ouers dalk werk soek. ASB TOG Wees billik teenoor HELPENDE HAND .. wat doen ander mense om die wit plakkers te help??? SOOS EK SE . elkeen het BEPERKTE fondse en BEPERKTE Hulp wat hulle kan aanbied.. GLO MY ‘n KOSPAKKIE in ‘n kind se hand vanaand is BAIE werd .. hy kan nie help sy pa het nie werk nie en Helpende Hand ook nie . dit is sekere landsBELEIDE wat die mense hulle werk laat verloor het NIE Helpende Hand se skuld nie. JAMMER maar ek dink jy is hier VERKEERD, en jy oordeel mense wat wel probeer help. LAAT HELPENDE HAND maar KOSPAKKIES uitdeel totdat die pa of ma weer op die been is .. GEE maar vis terwyl hulle na visstokke soek . Helpende Hand het nie ‘n onbeperkte hoeveelheid VIS of VISSTOKKE NIE >.

Fanie ·

Vind eers uit wat die HH als doen en wat hulle strategie is voor jy onsinnige kritiek kwytraak.

Leon ·

Gestremde se kommentaar is hartseer. Dit getuig van ongenaakbaarheid. Die woorde “Ek sal hulle harte van klip verwyder en aan hulle ‘n hart van vlees gee” het jou vebygegaan. Jou kliphart het jy sorgvuldig bewaar vir die mense wat jou ken en ook vir die wat jou nie ken nie.

Kallie ·

Ons lees dat aan die einde : geloof,hoop en liefde oorbly,waarvan die liefde die grootste is. Hoop….mag dit nooit beskaam nie!

Danie ·

In 1992 het die volgende geslag vir brood gevra en julle het hulle het ‘n klip gegee. Hulle het vir vis gevra en julle het hulle ‘n slang gegee. Nou is ons almagtige God en verlosser die enigste wat vir die volgende geslag sorg deur middel van onder andere Helpende Hand maar ook baie ander kerke en mense.

Dankbaar ·

Ons het soveel om voor dankbaar te wees, maar wat ons ook net as vanselfsprekend aanvaar. Mag die jong tiener kinders se drome almal bewaarheid word!

Maria ·

Baie…baie dankie my hartbreek aan Chantelle Marx Solidariteit helpende hand!
Mag die Here julle BAIE SEEN!

Denise ·

Ek weet kos is n noodsaaklikheid en tog is dit ook belangrik om die huis waar in jy bly meer leefbaar te maak en daar is soveel plekke wat gebruikte vensters , deure en nog vele meer verkoop !!!!! Soldaritet Helpende Hand kan julle nie daarmee help nie ???? Ek vra maar net.

@ Denise ·

Kan jy nie dalk daarmee help nie Denise? Help asb HELPENDE HAND om sterker ter word sodat hulle dit kan doen. Die PUBLIEK moet ook inkoop. Vir 40 jaar het mense sop en komberse na ander plakkerkampe gevat, vandag nog .. hoekom wil die ryk witmense wat met hulle “4×4’s” gaan sop en komberse in swart plakkerkampe uitdeel of op die hoek klere aan mense wat op sypaadjies uitkamp gee, nie ook betrokke raak by WIT plakkerkampe nie?? Ons vra vir JOU .. kan jy help, en indien wel KONTAK asb Helpende Hand MET JOU HULP sodat hulle dit aan ander kan uitdeel. DANKIE vir jou meelewing.

Danie ·

Hulle kan wanneer daar genoeg helpende hande is. Hoe meer mense hulle aanbied as vrywilligers hoe meer take kan verrig word.

Eintlik is dit meestal die probleem met einge sulke aksies. Daar is baie toeskouers maar min spelers.

Denise ·

Ek sal graag help op die oomblik help ek n familie van vier die man is gestrem as gevolg van n ongeluk by sy werk ek en my man deel ons huis nou met die familie .

Gerhard ·

Daar is elke dag meer en meer van die mense en ek is bevrees Selfhelp inisiatiewe is net nie effektief genoeg om hierdie groeinde probleem op te los nie. Dit is tyd dat Afrikaner besigheidsmense en boere begin om na hulle eie mense te kyk en hulle werk te gee eerder as om die goedgkoopste buitelander te gaan soek ander ‘n grens wat hulle boonop op hulle plase vermoor vir ‘n appel en ‘n ui. Dan sal dit met alle Afrikaners beter gaan. Help jou eie mense en dit sal met jou beter gaan.

Help 'n bietjie ·

Jy is baie reg, persoonlik voel ek ook dat die wit plakkers LAND moet he waarop hulle kan bly en ‘boer’ . EK is seker daar is inisiatiewe soos groenteboerderye en klein skaal pluimvee wat hierdie mense aan die lewe kan hou en voedsel sal kan verskaf? IN plaas van om wyd verspreid te wees, hoekom word daar nie ook land aan die ARM WITTES beskikbaar gestel waarop verskillende projekte uitgevoer kan word nie. Daar is tog baie inisiatief daarbuite … Skenkings kan gebruik word om groentetuine uit te le en om bv hoenders aan te koop .. ek gee net ‘n voorbeeld, ten minste kan die mense dan eet .. wat van skenkings van wendy houses .. Ek kan nie glo dat ons AFRIKANERS nie kan organiseer nie? Soveel plase, soveel grond, soveel inisiatief, soveel geld, maar as die wit plakkerkampe gehelp moet word is dit makliker om ‘n klomp ou klere in ‘n swart sak te gooi en jou gewete te sus . HIERDIE mense moet onafhanklik begin raak .. en NEE ek is nie teen kospakkies nie . GEE die kospakkies . maar wanneer kos geproduseer kan word op die stuk grond waarop hulle bly, en deur hulle onderhou en ge-oes word, kan hulle tog ook net daarby baat? Waar is die manne met die LANDBOU GRADE??

Gerhard ·

Help ‘n bietjie. Dit is nie die punt wat ek maak nie. Die punt wat ek maak is dat Afrikaners hul eie mense moet werk gee en ophou verskonings maak om dit nie te doen nie.

jaco ·

Ek was eendag deel van ‘n VF-Plus en Helpende Hand aksie in ‘n wit plakkerskamp. Ons het ‘n extra bungalow vir hulle opgerig. Dit was ‘n Saterdag. NET die vrouens het ons gehelp. Die mans het net staan en kyk. Armoede was erg, MAAR al die volwassenes het gerook en in elke plakkershuisie het ek drankbottels gesien. Ek weet daars goed soos regstellende aksie en BEE wat wit verarming laat toeneem, maar as wit plakkers wat so smeek vir hulp dan sterk drank en sigarette kan bekostig, kry hulle dan regtig so swaar?

Gerhard ·

Jaco. Wat dink jy jy was dan daar? ‘n Ryk man het ‘n nuwe Mercedes, ‘n nuwe huis , golfstokke en DSTV. ‘n Arm man het sigarette. Ons almal weet tog as armoede intree sien jy die goed, ons is tog nie 10 jaar oud nie.

Hendrik ·

Gestremde kan jy ons asb help met aanvangsgeld om ‘n groentetonnel te begin. Ons wil graag werkloses gebruik om die groente te verbou. Ek is regtig ernstig!

honourable member ·

Soos die opskrif se “Voor jy armoede verstaan moet jy eers luister” voor jy nie in daar mense se skoene gestaan het nie kan niemand iets se nie. DIt kan nie maklik wees nie en jou menswaardigheid word verseker aangetas want jy maak staat op ander se hulp. Jy moet in ander se oe kyk vir kos en klere en wat ook al. In die nuwe SA le die simpatie net by die ander groepe want in hulle oe kry net hulle swaar. Mens kan maar net bid en hoop dat elkeen iets sal kry wat geld inbring en n beter lewe sal kan kry.

Marinda ·

As mens nog nooit in hierdie mense se skoene gestaan het nie of op hierdie pad was nie, moet mens eerder nie oordeel nie. Dit kan net so vinnig met jou gebeur.

My hart gaan uit na die mense. Ek wens ek was in ñ posisie om iets vir hulle te doen. Dankie Solidariteit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.