Omstandighede is rede

canvas-1905725_1920
Jy kry twee soorte mense. Diegene wat sê: “My omstandighede is die verskoning vir wie ek is – ek kan nie help nie, kyk waar kom ek vandaan!” of hulle wat sê:  “My omstandighede is juis die rede vir wie ek is! Dis wat my sterk gemaak en gemotiveer het om daar uit te styg!”

‘n Dapper 18-jarige dogter woon saam met haar ouers in ‘n skeepshouer op ‘n plot. Haar pa het 24 jaar vir korrektiewe dienste gewerk en toe sy pakket geneem om ‘n onderneming te begin, wat ongelukkig nie geslaag het nie. Hy het al die geld wat die gesin oorgehad het, uitgedobbel in die hoop om dit terug te maak. Steeds praat hierdie meisie met groot lof van haar pa wat later sy lewe reggeruk het. Vandag doen hy enige los werkies en haar ma maak mense se huise skoon.

Hulle is trotse menseNiemand op skool het ooit geweet uit watter moeilike omstandighede hierdie dogter kom of hoe die “huis” lyk waarheen sy vanmiddag terugkeer na netbal- of hokkie-oefening – sportsoorte waarin sy haar provinsie verteenwoordig het, nie.  Sy sê:  “My pa het my geleer:  Arm beteken nie vuil of dom nie!  Dis nie my identiteit nie, dalk net my omstandighede.”  (Omstandighede wat juis die rede is waarom sy harder as enige ander jongmens sal werk!)  “Werkloosheid raak my familie direk en daarom wil ek hard werk om my eie werksgeleentheid te skep. Ek wil uit hierdie armoedesiklus breek en eendag iemand soos ek help!  Ek wil vir myself en vir my gemeenskap ‘n beter lewenstandaard skep.  Ek wil nie meer net oorleef nie, ek wil begin lewe!”

Dis iemand wat duidelik eienaarskap en verantwoordelikheid vir haar eie lewe aanvaar het en tans werk en studeer met ‘n beurs en internskap wat sy gekry het. Geleenthede wat sy graag ten volle wil benut al is daar nog ‘n hele paar hekkies om te oorkom…

Omstandighede is soms buite ons beheer, maar ons reaksie daarop bly altyd ons keuse!  Die einste omstandighede wat jy tot nou toe verwens het, kan moontlik een van jou beste bates wees as dit die rede en nie die verskoning is vir wie jy is en wie jy word!

 

Meer oor die skrywer: Lindie Strydom

Lindie Strydom is ‘n bekende radio- en TV persoonlikheid, skrywer en spreker met ‘n passie vir haar gemeenskap! Sy is getroud met Johann Strydom en die ma van drie kinders, Paul en ‘n tweeling, Hugo en Nina.

Deel van: Goeie nuus, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Emile ·

Baie waardevolle ervaring en wysheid. My omstandighede vorm karakter, maar defineer my nie.

Ada ·

Fantastiese dogter!!!
Wees trots op haar. Sy gaan dit nog ver in die lewe bring en ‘n voorbeeld vir almal wees. Sy het God se guns. Sy het ‘n egte hart en siel en dit kry jy min.
Pragtig!

JC ·

Wow! Wonderlike artikel. AFRIKANERKRAG!! Maak my bitter trots:-)
Hou SO AAN! “YOU GO GIRL!!” MAG DIE HERE MET JOU WEES EN JOU SEEN VIR AL JOU TOEKOMSTIGE PROJEKTE!!!

Johann ·

Moet nie net se gaan heen en word versadig nie (Jacobus hoofstuk), maar doen iets positief om by te dra

Sarie ·

Sjoe – so mond kort jam – soos die ou mense gesê het. Hierdie meise moet ‘n motiverings spreker word vir baie jong mense wat in sulke omstadighede is. Ek ken ‘n hele paar jong mense wat vandag volwassenes is en het hulle maar die “woorde” gehoor, is ek seker hulle lewe sou beter gewees het vandag. Meisiekind – jy mis jou missie – motivering spreker in wording. Daar is plekke waar jou storie gehoor moet word. Sterkte vir jou toekoms.

vierkeleur ·

Onthou baie van die mense se omstandighede is veroorsaak deur regstellende aksies en BBBEEE.

Baie trots op jou jong dame

Waarheid ·

Sterkte en voorspoed..só ‘n Wilskrág kan of sal deur NIKS geplus word.

AL ·

Absolute inspirasie en hope waarheid daarin. Ons moet nie toelaat dat ons voel soos n slagoffer van omstandighede nie, maar eerder uitstyg om ons potensiaal te bereik.

Tilla ·

Wonderlike voorbeeld vir ons. Hoop nie die baklei oor “Taal” en mense wat te lui is om te studeer, gaan jou wonderlike voornemens en potensiaal in die wiele ry nie. Sterkte.

Stephanie Stegmann ·

Wow!!!!!! Hierdie jonge dame gaan dit nog ver bring.
Dit is iemand soos sy wat die wereld n beter plek maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.