Omvattende behandeling by White River Manor-rehabilitasiesentrum

White River Manor (Foto verskaf)

White River Manor Wellness Centre is geleë in ʼn 100 jaar oue tuin op ʼn agt hektaar groot eiendom in Witrivier in Mpumalanga. Dié rehabilitasiesentrum bied ʼn omvattende behandelingsprogram wat aangepas word volgens elke kliënt wat vir verslawing behandel wil word.

Die fasiliteit bied vyfster luukse akkommodasie en wêreldgehalte behandeling vir verslawing in ʼn vreedsame en rustige atmosfeer in ʼn uitsonderlike ligging. Dit word beskou as een van die beste verslawingsbehandelingsentrums in Suid-Afrika en is ʼn gesogte bestemming vir internasionale kliënte en professionele persone in Suid-Afrika.

Die behandeling fokus op fiksheid en gesondheid en om balans in liggaam, siel en verstand te herstel om seker te maak alles verloop vlot en doeltreffend wanneer die persoon na ʼn nuwe lewe terugkeer. Individuele en groepterapie maak gebruik van ʼn gevorderde benadering om verslawing te behandel tesame met holistiese terapeutiese aktiwiteite.

Agtergrond

Jerry Hartless, stigter, is oorspronklik van die Verenigde State van Amerika. Hy het in 2012 deur die skilderagtige Witrivier gery op pad na Mosambiek waar hy betrokke is by ʼn weeshuis in ʼn behoeftige kusdorp.

Die natuurlike ligging het Jerry se hart verower en hy het ʼn vyfstergastehuis in Witrivier gevestig. Hy het begin om sy droom te vervul om ʼn wêreldgehalte fasiliteit op te rig wat beter diens en fasiliteite sou bied as wat hy ooit self in die VSA beleef het toe hy self vir verslawing behandeling ontvang het.

Die gevolg is ʼn wêreldklas behandelingsentrum met luukse akkommodasie en uitsonderlike diens teen ʼn fraksie van die koste van internasionale rehabilitasiesentrums.

Ligging

Witrivier is geleë in die hartjie van Mpumalanga. Dit is die poort na die Krugerwildtuin en verskeie natuurreservate in die Groter Krugerwildtuin en ongelooflike bestemmings in Mosambiek en Swaziland. Danksy die ligging bied White River Manor ʼn unieke ervaring aan kliënte wat ʼn noodsaaklike rol speel in hul pad na herstel.

White River Manor (Foto verskaf)

Behandeling

White River Manor bied aan kieskeurige kliënte ʼn veilige en rustige omgewing om in gesond te word. Fiksheid en oefeninge is ʼn noodsaaklike komponent van die pad na herstel en kliënte word aangemoedig om aan die aktiwiteite deel te neem wat ontwerp is om balans in hul lewe terug te bring en om liggaam, siel en verstand te vernuwe.

Kliënte mag met hul ondernemings en geliefdes in kontak bly. Hulle het toegang tot hul selfone en skootrekenaars en daar is selfs ʼn sakesentrum op die perseel met gratis Wi-Fi en ʼn videokonferensiestelsel.

Hierdie geïntegreerde benadering verseker dat kliënte weer maklik kan inskakel in hul nuwe lewens sodra hulle die veiligheid van die terapeutiese gemeenskap verlaat.

Wêreldgehalte behandeling vir verslawing

White River Manor het in 2015 sy deure oopgemaak, maar die uitvoerende span en professionele personeel het dekades lange ervaring in die behandeling van verslawing. Aan die hoof staan Miles en Jeanine Fourie wat saam meer as 25 jaar ervaring het by ʼn hoogs suksesvolle langtermyn verslawingsbehandelingsentrum in Suid-Afrika.

Buiten die pragtige ligging en luukse akkommodasie maak die personeel by White River Manor ʼn verskil aan die sukses van ʼn kliënt se pad na herstel.

Die sentrum werk ook nou saam met sielkundiges en psigiaters, ʼn pastoor en geestelike berader. Almal werk saam aan ʼn kliënt se behandeling en bied deur middel van ʼn doelgemaakte benadering behandeling volgens elke kliënt se behoeftes.

Unieke ervaring

Bestemmingsrehabilitasie in lande soos Suid-Afrika word al hoe meer gewild omdat dit ʼn bekostigbare opsie bied vir internasionale kliënte en omdat dit ook die geleentheid bied om afstand te kry tussen die persoon en sy of haar onderneming en huislike omstandighede en om nuwe plekke, nuwe kulture en ervarings aan te gryp.

Unieke ervarings sluit ʼn dag lange wildbesigtigingstoer in van die Krugerwildtuin en ʼn oggend tussen die sagmoedige reuse by Elephant Whispers.

Kliënte kan vir ʼn oomblik van alles vergeet en die helende krag van die Bosveld ervaar.

Ander aktiwiteite sluit staptoere en bergfietsry in die skilderagtige berg- en woudgebiede; ʼn zipline-avontuur in Graskop, kanovaart op die Sabierivier en visvang in die Komatirivier in.

Hierdie opwindende ontspanning- en avontuuraktiwiteite het ʼn groot impak op ʼn kliënt se pad na herstel en om balans terug te bring in hul lewens met ʼn nuwe gevoel van menswaardigheid.

Duur van behandeling

Die minimum verblyf by White River Manor is 28 dae maar kliënte kan so lank as wat nodig is aanbly op hul pad na herstel. Agt-en-twintig dae is eintlik te kort as mens in ag neem dat ʼn gewoonte nie in só kort tydjie gevorm word nie. As die kliënt egter bereidwillig is en gedrewe is om te herstel, kan dit ʼn lewensveranderende tydjie wees.

Koste van behandeling

Pryse begin by US$6 950 (ongeveer R99 900) vir 28 dae (alles ingesluit) (US$248 per dag)
Besoek White River Recovery Centre vir kostedoeltreffende opsies

Wat by die prys ingesluit is:

  • assessering en persoonlike behandelingsplan
  • individuele en groepterapie met professionele beraders en geestesbreiers
  • nasorgplan met deurlopende berading en terapeutiese behandeling
  • luukse akkommodasie
  • alle geriewe insluitend gratis Wi-Fi, wasgoeddienste, swembad, 24-uur-sekuriteit, sport- en ontspanningsaktiwiteite en skoonmaakdienste
  • eetplan onder toesig van ʼn gekwalifiseerde dieetkundige wat deur ʼn sjef voorberei word; sluit ontbyt, middagete en aandete in
  • vervoer van/na Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe (KMIA) in ʼn luukse voertuig

Die koste hang af van die keuse van akkommodasie wat strek van ʼn gedeelde suite, privaat suite, uitvoerende suite, luukse suite of die presidensiële suite.

Die koste word ook bepaal deur die tipe ontspannings- en avontuuraktiwiteite waaraan jy graag wil deelneem (onder meer ʼn wildbesigtigingstoer in die Krugerwildtuin, interaksie met olifante by Elephant Whispers, helikopterritte, avontuursport by Hazyview, gholf, visvang, spabehandeling en skoonheidsbehandelings).

Begin vandag nog op jou pad na herstel. Jy kan ʼn privaat en vertroulike konsultasie bespreek:
+27 (82) 7315939 (Suid-Afrika)
1 (800) 205-5961 (Tolvry)
Stuur ʼn e-pos: [email protected]
Besoek die webwerf: https://www.whiteriverrecovery.co.za/ of https://www.whiterivermanor.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.