Onderwys in Gesprek: Koester vroeg ’n omgee-hart

papierhart-harte

Foto: James Bold/Unsplash.com

Die feesseisoen is ʼn tyd van omgee, vir ons geliefdes en vir ons naaste. Dit is ook die onderwerp van hierdie maand se Onderwys in Gesprek-podsending.

Carien Bloem, bestuurder vir Onderwyssake by AfriForum, het vir Leandie Bräsler van dié organisasie se afdeling vir jeugleierskapsontwikkeling ateljee toe genooi om te gesels oor die waarde van omgee.

Sy verduidelik dat die saadjies van omgee reeds vroeg in ʼn kinderhart geplant kan word, maar daarvoor het kinders die voorbeeld van verantwoordelike volwassenes nodig.

“Wanneer kinders empatie met ander het, en verantwoordelikheid neem, sal hulle waarskynlik gelukkiger en suksesvoller volwassenes wees. Die kanse dat hulle verhoudings beter en sterker is, is ook veel hoër,” sê Bräsler.

Monya van Zyl (14), ʼn gr. 8-leerder aan die Hoërskool Menlopark in Pretoria, het ook haar storie van omgee in die jongste aflewering van Onderwys in Gesprek gedeel.

Die podsending skop oudergewoonte af met ʼn oorsig van die grootste onderwyssake in November – kom luister saam!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Blomme ·

Bring weer waarde onderrig aan ons kinders terug.. Hulle word so bloot gestel aan die wreedheid van hierdie land se boewe dat hul dalk kan aanvaar dat dit die norm is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.