Onderwyser-gesin van Utrecht wen skoolgeld

(Foto: Verskaf)

Met twee ouers wat self onderwysers is, is gehalte-onderwys uiters belangrik vir die Fuhri-gesin. Daarom was dit net logies dat hul jongste kinders in Hoërskool Pionier sou beland – waar hulle van die Wolkskool gehoor het.

Volgens Jaco Fuhri, ʼn departementshoof by ʼn LSEN-skool in Utrecht, is dit belangrik dat hulle kinders in ʼn skool is waar hulle hul eie kultuur kan beleef. “Hoërskool Pionier is ʼn wonderlike Afrikaanse skool wat nie net met akademie uitblink nie, maar ook op sport- én kultuurgebied. Hulle doen regtig baie moeite om hul leerders die bes moontlike raad te gee en het tydens die inperking aanbeveel dat ons die Wolkskool gebruik om die skoolwerk beter te verstaan.”

Nathan Fuhri is tans in gr. 11 en kan daarmee spog dat hy nie net in die Noord-Natalse Jeugkoor sing nie, maar ook op die rugbyveld uitblink. Hy, nes sy susters Rochelle en Michelle, maak gebruik van die Wolkskool om hul skoolwerk te hersien sodat hulle die konsepte beter kan verstaan.

Jy kan, soos die Fuhri-gesin, die volgende Kop-in-die-wolke-wenner wees. Dié kompetisie wat deur die Wolkskool en Virseker Trust aangebied word, gee elke maand skoolgeld van R30 000 weg aan ʼn gelukkige gesin wat ʼn aktiewe profiel op die Wolkskool het en ʼn Virseker-kwotasie aanvra. As jy ʼn bestaande Virseker-kliënt is, hoef jy net by die Wolkskool te registreer om in aanmerking te kom, en as jy ʼn kliënt is wat reeds geregistreer is, kom jy outomaties in aanmerking.

Volgens Leon Fourie, uitvoerende hoof van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), bied die Wolkskool vir ouers en leerders gemoedsrus oor hul akademiese prestasie en is dit ʼn winskoop teen slegs R95 per maand.

  • Skryf vandag nog in vir die kompetisie deur die kompetisieblad te besoek by www.virseker.co.za.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Goeie nuus, Ouerskap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.