Onderwyser wil met wengeld leerders se skoolgeld betaal

Jacques du Toit, ʼn onderwyser van Hoërskool Zwartkop, is die jongste Kop-in-die-wolke-pryswenner en Valentyn van der Merwe, hoof van innovasie by die SOS, het sy prys aan hom oorhandig. (Foto: Verskaf)

Jacques du Toit, ʼn onderwyser aan Hoërskool Zwartkop in Centurion, is dankbaar vir kompetisies wat veral behoeftige leerders ʼn kans in die lewe kan gee.

Daarom het hy ingeskryf vir Die Wolkskool, ʼn wêreldklas aanlyn leerplatform en Virseker Trust se Kop-in-die-wolke-kompetisie en hy is onlangs as een van die wenners aangewys.

Dié kompetisie wat deur Die Wolkskool en Virseker Trust aangebied word, gee elke maand R30 000 se skoolgeld weg aan ʼn gelukkige gesin wat ʼn aktiewe profiel op Die Wolkskool het en ʼn Virseker-kwotasie aanvra.  Omdat Du Toit nie tans ʼn skoolgaande kind het nie, het hy besluit om die prysgeld te skenk aan ʼn behoeftige leerder.

Du Toit gee al nege jaar klas in ingenieursgrafika en ontwerp (IGO) en pas-en-draaiwerk, ʼn spesiale fokus van Hoërskool Zwartkop, en hy het ook uitgebreide ervaring as lektor by Sol-Tech, die Solidariteit Beweging se beroepskollege, en by Aros.

Volgens Du Toit is Die Wolkskool en Virseker Trust se kompetisie ongelooflik inspirerend, veral omdat dit aangewend kan word om behoeftige kinders ʼn hupstoot te gee. “Ek voel geëerd om een van Zwarrie-land se kinders te kan help met die prysgeld en wil graag almal betrokke bedank vir hulle goeie werk.”

Volgens dr. Dewald Strydom, hoof by Hoërskool Zwartkop, bedien die skool die hele spektrum van Afrikaanse kinders. “Ons het ouers wat hier stop in lang, plat motors, maar ook ouers wat regtig sukkel, en steeds in hul kinders se toekoms wil belê deur hulle in ʼn skool met uitstekende onderwysers, fasiliteite en leerders te plaas. Daarom is ons dankbaar vir die prysgeld. Dit gaan ʼn gesin se lewe positief beïnvloed.”

Jy kan ook die volgende die Kop-in-die-wolke-wenner wees. As jy ʼn bestaande Virseker-kliënt is, hoef jy net by Die Wolkskool te registreer om in aanmerking te kom, en as jy ʼn kliënt is wat reeds geregistreer is, kom jy outomaties in aanmerking.

Volgens, Leon Fourie, uitvoerende hoof van Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS), bied Die Wolkskool vir ouers en leerders gemoedsrus oor akademiese prestasie en is dit boonop ʼn winskoop teen slegs R95 per maand. Skryf vandag nog in vir dié kompetisie deur die kompetisieblad te besoek.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Goeie nuus, Ouerskap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.