#OnsSalSelf: Solidariteit stel grootste werkherstelprogram bekend

Solidariteit is onverskrokke vir werk, welstand en opleiding wat met behulp van die veerkragtigheid van die gemeenskap bewerkstellig kan word. Solidariteit se lede moet kan werk, hul gesinne moet weer normaal kan funksioneer en gemeenskappe moet vrye, veilige en voorspoedige plekke van samekoms, saamwerk en saamleef kan wees.

Sonder dat Solidariteit bewus was van die historiese krisis wat die wêreld in 2020 sou tref, het hy al die afgelope 20 jaar voorberei om so iets die hoof te bied.

Werk is onder druk in ons land. Ons moet weer planmaak. Ons gaan mekaar help, ʼn verbintenis met mekaar aangaan – ʼn nuwe helpmekaar begin. ʼn Boer maak ʼn plan.

Die Werkherstelprogram is Solidariteit se unieke oplossing wat tot ʼn volhoubare toekoms sal lei. Afrikaners se voortbestaan rus op drie pilare: werk, welstand en opleiding.

Kom wees deel van ons eie oplossing. Solidariteit nooi almal hartlik uit om die bekendstelling van die Werkherstelprogram by te woon.

Kom kyk na die virtuele bekendstelling van die grootste werkherstelprogram in Afrikaans op 8 Oktober. Die funksie gaan om 10:00 uitgesaai word en word gratis aangebied.

Bespreek jou virtuele plek hier: https://solidariteit.co.za/werkherstel/

Die Werkherstelprogram plaas Solidariteit onherroeplik op ʼn nuwe pad vir die toekoms. Die doel van die program is nie net om van ʼn krisis te herstel nie, maar om die grondslag vir ʼn nuwe toekoms in ʼn nuwe staat van normaliteit te vorm.

#OnsSalSelf werk vir ons toekoms

#OnsSalSelf bou aan leefruimtes vir Afrikaans

#OnsSalSelf sonder staatshulp na ons mense omsien

#OnsSalSelf leer in Afrikaans

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.