Ontmoet Havoc, Afrika se eie ietermago-teenstroperheld

Havoc en sy span werk in gevaarlike en uitdagende omstandighede. (Foto: African Pangolin Working Group/Facbook.)

Havoc, ʼn driejarige Duitse herdershond-Malinois-kruising, is Afrika se eerste ietermago-opsporingshond. Hy is reeds sedert 2018 ʼn integrale deel van die African Pangolin Working Group (APWG) se K9-teenstroperseenheid.

Die APWG het self in 2011 tot stand gekom om Afrika se ietermago’s te bewaar, terwyl dit ook bewusmaking en opvoedkundige projekte oor die besonderse spesie bevorder.

Die ietermago word beskou as die “wyse ou man van die Afrikabos”, wat ʼn gelukbringer is en selfs reën kan bring. (Foto: African Pangolin Working Group/Facebook.)

Dié miervreterspesie word beskou as die “wyse ou man van die Afrikabos”, wat ʼn gelukbringer is en selfs reën kan bring. Ongelukkig is die misterieuse wese tans ook die mees gestroopte soogdier op die planeet. Dit is geen maklike taak om die stropers te fnuik nie, dit verg ʼn span met ʼn verskeidenheid van vaardighede, talle ure lange opleiding en vasberadenheid om die diere te beskerm.

Havoc is van jongs af gesosialiseer en opgelei met die gedagte om eendag ʼn werkhond te word. Hy is opgelei in opsporing, spoorsnywerk en bytwerk. Havoc het in 2018 in die opsporing van die ietermago gespesialiseer.

Om die vierpotige speurder voor te berei op operasies in uitdagende omstandighede en in topkondisie te hou, vereis ʼn omvattende versorgingsplan. Dit sluit natuurlik ook ʼn eetplan in, wat sy uithouvermoë ondersteun en reuksintuig sal verhoog.

“Voedsel wat met ʼn troeteldier se biologie saamwerk en dit ondersteun, is noodsaaklik vir honde wat op Havoc se vlak opgelei is. Dié hond kan tot vier keer die aantal kilojoules verbrand met sy werk deur asemhaling, opgewondenheid, spanning en die lang afstande wat hy moet dek,” verduidelik dr. Guy Fyvie, Hill’s Pet Nutrition se veeartsenykundige raadgewer. Dit is ook waarom Hill’s vir Havoc met sy eetplan ondersteun.

Havoc en sy span werk in gevaarlike en uitdagende omstandighede, terwyl hulle ʼn sleutelrol in die stryd teen stropers speel .

Lesers kan die APWG se webwerf besoek om vas te stel hoe hulle Havoc se eenheid kan ondersteun.

Havoc detecting pangolin scales.

Havoc, our pangolin detection dog, sniffing out hidden pangolin scales as part of his training.

Posted by African Pangolin Working Group on Friday, September 7, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.