Ontmoet Piet Retief

Goewerneur van die emigrante en leier van ‘n trek tydens die Groot Trek.

Ek is nou 57 jaar oud en is voorheen van die mooie Mooimeisjesfontein, voordat ek met ‘n groepie trekkers die binneland in vertrek het. My kinders is Debora (23), Jacobus, Magdalena en Pieter Cornelis, wat saam met my Umgungundlovu toe sal gaan. My vroutjie is Magdalena (46), vir wie ek baie lief is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dr JC van der Walt

Waarom het Goewerneur Pieter Retief nie die traktaat wat hy met Dingaan gesluit het, nie self onderteken nie??

Dingaan het die traktaat onderteken, drie Zoeloes het geteken en vier Voortrekkers het onderteken, maar Pieter Retief se handtekening ontbreek. Wat sou die rede wees. Pieter Retief was ‘n ernstige briefskrywer en baie puntenerig oor sy korrespondensie. Wie weet, asseblief!

Dr JC van der Walt

Ek is Lenie Retief, die weduwee van Goewerneur Pieter Retief wat so wreed deur Dingaan vermoor is. My seuntjie, Cornelis het saam met sy pa gesterf. Ek is brandarm want Pieter het al my erfgeld met sy mislukte transaksies verkwis. Hy het meer as 83 000 rijksdaalers geskuld toe hy in 1814 met my getrou het. Weens dronkenskap by sy kroeg, het die regering in 1819 sy dranklisensie gekanselleer. Retief het selde sy skuld betaal en tussen 1823 en 1824 was hy twintig keer vir skuld gedagvaar. Hy sweer VALS voor Heemraad Miles Bowker dat hy niks besit nie. In… Lees meer »

Dr JC van der Walt

Ek is Lenie, die weduwee van Pieter Retief. Ek moet julle van my swaarkry-dae vertel. In 1826 koop Pieter 141 skape en 30 bokke op krediet by ‘n slavin, Maria. Hy het ‘n skuldbewys vir 249 rijksdaalers onderteken. Joseph van Dyk, die slavin se eienaar het later by die beskermer van slawe in Kaapstad gaan kla dat Pieter weier om die slavin te betaal. Ek het ook gepleit dat hy die slvin moet betaal, maar hy wou nie.Sy is nooit betaal nie.Gedurende 1827 en 1833 is Pieter meer as sestig keer in die hof vir skuld gedagvaar. Verdere vandusies het… Lees meer »

Dr JC van der Walt

Ek is Lenie Retief. Nadat Dingaan my man en my seuntjie Cornelis so wreed vermoor het, was ek brandarm hier in Pietermaritzburg. Ek het op 7 November 1839 ‘n memorie aan die Volksraad gerig om te se ek is oud en arm en dat een plaas aan my toegeken moet word. My versoek is toegestaan. Op 30 Oktober 1843 het die Volksraad my uiteindelik 94 rijksdaalers betaal vir 47 baksels beskuit en brood wat ek vir hulle gebak het. Dit het my geldnood verlig. Ongelukkig betaal hulle ner twee rijksdaalers per baksel, terwyl een skaap drie rijksdaalers kos.

Dr JC van der Walt

Ek is Lenie Retief. Op 4 Junie 1844 pleit die heer Boniface voor die Volksraad, dat die weduwee van die Ontsterfeglyke Pieter Retief reeds drie jaar gelede ‘n pensioen belowe is. Ongelukkig word hy meegedeel dat “de kas op dit oogenblik te arm was om eenige consessie van die natuur te doen.” Voordat ek met die brandarm Pieter Retief getrou het was ek ‘n ryk weduwee. Pieter het my hele erfposie verkwis.