Onverwagse meevaller vir jong Kaapse ma wat vierling kry

Foto: Henk Kruger/ANA

’n Jong ma van Kaapstad wat ’n week gelede die lewe aan ’n vierling geskenk het by die Tygerberg-hospitaal in Bellville, het ’n onverwagse meevaller gekry.

Inganathi Mafenuka (22) van Khayelitsha het verlede Vrydag die lewe geskenk aan twee seuns en twee dogtertjies. Die vier is met ’n keisersnee in die lewe gebring. Mafenuka was 29 weke swanger. Tydens die keisersnee was daar ’n pediater vir elke baba terwyl Mafenuka deur ’n vroedvrou en narkotiseur bygestaan is.

Die radiostasie Kfm het intussen met samewerking van LottoStar aangekondig dat hulle Mafenuka vir die volgende jaar elke maand met R10 000 sal help om vir haar babas te sorg. Darren Simpson, aanbieder op Kfm, en sy span het Mafenuka met die blye nuus gebel.

“Baie baie dankie,” het ’n erg emosionele Mafenuka gesê.

“Ek is self ’n pa van twee seuns en ek verstaan die uitdagings wat nuwe ouers in die gesig staar, en het daarom gevoel ons moet iets doen om haar te ondersteun. Ons het om dié rede na ons vriende by LottoStar uitgereik om te probeer kyk hoe ons die eerste jaar van Mafenuka se babas ’n bietjie makliker kan maak,” het Simpson gesê.

Foto: Wes-Kaapse departement van gesondheid

Daar gaan ook vir Mafenuka ’n ooievaarstee gereël word sodat sy die nodige babagoed, soos stootwaentjies en doeke, kan kry.

Die twee dogtertjies se name is Bunono en Bungcwele en die seuntjies is Bubele en Buchule.

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid het gesê spontane vierling-swangerskappe is uitsonderlik en kom slegs in een uit elke 512 000 tot 677 000 geboortes voor.

“Ons is so trots op die span by Tygerberg wat verseker het dat dié uitsonderlike geval op die mees professionele manier hanteer is. Dit het inspanning van die hele span geverg om seker te maak die ma bly veilig en haar kinders word veilig gebore.”

Mafenuka en haar vier babas is in goeie gesondheid.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Melissa ·

Baie geluk MAR war is die pa van dir babas?Kan julle nie aan elke baba wat gebore word vroeg ok geld skenk of n oeievaar reel ni?

liz ·

Hmmmmmm………… baie intressant land hierdie………..net sommiges word bevoordeel.

Janine ·

Ja..rerig. Snaaks genoeg het die ma ten minste SES maande gehad om als bymekaar te kry.

bonita ·

Ag nee mense al is die pa daar dis nie maklik om vier gelyk groot te maak nie.

Kwaaitjie ·

Ek stem saam. Ek sukkel met drie van verskillende ouderdomme. Ek gun dit vir die mamma

ZX ·

Daar was drie maande terug ook ‘n vierling in Durban gebore, maar die arme mense het niks van enige departement ontvang nie.Gaan kyk gerus onder Massyn Quads.

Martie ·

Dis nie van ‘n departement af nie. Darren Simpson het op sy radioprogram dit gereël. Hy doen dit al jare lank

Yolande ·

ZX, syt niks van enige departement gekry nie? Gun hierdie vrou ook iets, ongeag haar velkleur

Sê-ma-net ·

Onthou julle die Rosenkowits Sesling van die jare sewentig? Hulle het regeringshulp ontvang – dit was groot nuus. Almal baie bly vir hulle.
En nou? Is dit OK om sommiges te help en ander nie? Mense, leef en laat leef. Moenie so bitterbek wees oor alles nie. Galbraak beteken niks en help niemand. Wees eerder namens die familie bly dat hulle hulp ontvang van ‘n weldoener. Wie het JY onlangs gehelp?

Rosa Prinsloo ·

Eks mal oor Maroela Media en het so lank gesukkel om in te kom. Baie baie danki vir jul pagtige vol koerant met al di nodige inligting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.