Op 14 op pad Tukkies toe

Hjalmar Rall (Foto: Facebook)

Hjalmar Rall (Foto: Facebook)

Hy was maar nog bloedjonk toe sy ouers besef het hy is besonder intelligent – aanvanklik na aanleiding van sy sketse met driedimensionele aansigte en later op grond van sy hoë begripsvlak.

Nou, op net 14 jaar, begin Hjalmar Rall ʼn graad in BSc Fisika aan die Universiteit van Pretoria.

Die seun van Riebeek-Kasteel in die Wes-Kaap was 11 jaar oud toe hy hoërskoolgrade deur middel van tuisonderrig begin aandurf het. Verlede jaar, op 13-jarige ouderdom, het hy die Cambridge-eksamens op A-vlak afgelê. Dié eksamens is gelykstaande aan ʼn 13de graad en word wêreldwyd erken.

Hjalmar Rall se Tuks-studentekaart

Hjalmar Rall se Tuks-studentekaart

Hjalmar meen egter daar is geen geheim aan sy sukses nie en is baie skugter wanneer hy vir dié merkwaardige prestasies geprys word. Daar is immers ook ʼn “’n paar ander slim familielede” in die bloedlyn.

“Ek doen alles. Solank dit nie vervelig is nie, sal ek dit doen,” vertel hy.

Voorheen het hy minstens vier uur per dag aan skoolwerk bestee, en in die middae het hy sy stokperdjies – kuns, fotografie, lees en navorsing – beoefen.

Nou sien hy egter uit na die volgende gróót uitdaging in sy lewe. “Ek wil graag verder studeer in teoretiese fisika, en uiteindelik eendag die groot vrae wat aan navorsers gestel word, kan beantwoord,” sê hy.

En hoekom het hy juis op Tuks besluit? “Dis die beste wat daar is,” is sy antwoord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Dawie Meades ·

Die vorige buitengewoon slim kind van daardie wêreld was ene Jan Christiaan Smuts, wat eers op twaalf die eerste keer skool toe is.

Jan Jooste ·

Hjalmar, baie voorspoed. Jy klink na ‘n man wat kan! Veral kan jy dan wys dat jy wyser is dan slim(?) Jannie. Groete!

katrien ·

die kind is ‘amazing’ – het bietjie ge-googeloer – ek sal graag wil weet wie die ander slimmes in sy familie is. Ek hoop hy is suksesvol in sy studies en bly gebalanseerd en bereik die hoogste hoogtes. Sterkte Hjalmar.

Ekke ·

Welgedaan, alhoewel baie van hierdie kinders nog nie volwasse genoeg is om dit op universiteit te maak nie. Ek ken ook ‘n kind wat op hierdie ouderdom dieselfde Cambridge eksamens met dieselfde soort punte geslaag het – en wat baie, baie erg sukkel om enigsens in die samelewing te funksioneer. Ek hoop Hjalmar het die nodige ondersteuningsraamwerk. Baie sterkte aan hom EN sy ouers – en ek glojy gaan ons almal baie trots maak!

Pietser ·

Watwou, 4 ure per dag aan skoolwerk bestee en dan doen hy nog navorsing ook. Op 14 moet speel met maats en meisies vry voorop wees. Klink vir my bietjie ongesond maar shame die wereld moet ook seker maar sy kwota Einsteins oplewer.

Anoniem ·

“Meisies vry” op 14 klink somehow ook nie vir my na die ideaal nie.

apie ·

Eintlik is dit belaglik, dis nog ‘n kind, hy moet buite speel met sy maters, daar is nog genoeg tyd vir studies.

m ·

Hierdie kind word ryp gedruk. Hy het niks van kindwees nie. Hy moet ook speel en kind wees en nou is hy al klaar in die studente omgewing. Weet nie so lekker van die een nie. Mens se jong lewe gaan sooooo vining verby.

John ·

Dit is net die tipe kind wat hy is. Buite speel en “kindwees” is vir sulke mense gewoonlik onsettend vervelig en gee nie die stimulasie wat dit vir ander kinders sou gee nie. Gun hom die, ek is seker dit is vir hom net soveel pret om te studeer as wat dit vir ander is om te speel.

DH ·

Dit is so verskriklik jammer dat mense onder die indruk verkeer dat begaafde kinders ryp gedruk word en nie “kindwees” tyd het nie. Ons, as ouers van begaafde kinders, wil graag he hulle moet ook “normaal” wees. Hulle is intellektueel so ver bo hulle oudeomsgroep (en heelwat volwassenes) dat hulle slegs ‘n plekkie het tussen kinders wat dieselfde is. Die grootste pret wat my 10 jarige het, is wanneer hy op van Einstein se teoriee werk, ‘n ingewikkelde wiskunde probleem kan oplos of interessante feite oor iets kan leer. En as mamma wens ek dat hy modderkoekies wil bak en fietsry. Hierdie jong man het baie hard gewerk om te wees waar hy die jaar is. Om nie te praat van die ouers se opofferings om die nodige stimulasie vir hom te gee aangesien ons skoolsisteem nie voorsiening vir hulle maak nie. Tensy jy ‘n begaafde kind het, is dit beter om nie ‘n oordeel oor die kind of die ouers uit te spreek nie. Ons gaan elke dag deur hel want hulle is nie maklike klein mensies nie. Hulle funktioneer teen die spoed van lig. Ek is ongelooflik teleurgesteld om van die negatiewe stellings, en dit van volwassenes, hier te lees. Baie geluk Hjilmar (en pa), Mag jy ‘n ontsettende blink toekoms he!!

Peanut ·

Ou seun baie geluk, maar vat hierdie raad van n volwassene, wees kind solank as wat jy kan wees, dit gaan so vinnag verby

Lulu ·

Jy kan slim wees soos jy wil maar emosioneel reg te wees is net so belangrik. Die lewe gn nie net oor IK nie. Ek dink hy is tien teen een n pragtige jong tiener, maar om nou al die regte lewe te betree laat my hartseer voel vir sy part. Hoop maar hy gn verstaan as die ouer studente wat heeldag in sy lewe gn wees hom probeer beinvloed op hulle ” vlak” en dit weerstaan wat nie noodwendig goed is v hom nie. Al klink dit “cool”

Lulu ·

Ek hoop hy gn die emosionele kant kan hanteer. Hy gn blootgestel word aan dit wat studente dink hulle mag of kan doen. En al is hy Einstein laat ek my nie vertel hy is reg om nou al die volwasse lewe te betree nie. As ons kyk wat gebeur deesdae vra ek myself hoe gn hy situasies hanteer wat selfs ouer studente ontstel. IK Is een onderwerp EQ n ander storie. Ek persoonlik hoop dat hy ok gn wees

Johanna Botha ·

Ag daar is baie ouer mense wat reeds afstudeer het wat nie IK of EQ het nie …slim kinders funsioneer op n ander vlak as die gewone mense en funksioneer optimaal met stimulasie …nie met karretjies in die sand ploeter en skelm soentjies agter die skoolsaal se muur nie .

Justice ·

Hjalmar jy klink vir my na ‘n goed gebalanseerde jong man met interresante stokperdjies. Jy is geseend met die bogemiddelde gawe van ‘n helder verstand en goeie geheue. Ek vertrou dat jy altyd nederig sal bly. Kennis is mag en ek glo dat jy vorentoe ‘n verskil in baie mense se lewens gaan maak. Daar is beslis ‘n spesiale doel vir jou in die lewe. Jy is sonder twyfel jou ouers se trots. Sterkte met jou studies by Tukkies!

Ben ·

Geen probleem hierdie nie. Paulus het as 13 jarige seun die wette van Moses onder Gamaliël bestudeer. Hy was toe alreed n gekwalifiseerde tentmaker. Daarna het hy verder studeer en as jongman gedien as prokureur, onderwyser en prediker. Slim mense kom nie van vandag af nie ! Sterkte ou perd.

Gerrit van Rensburg ·

Uitstekend! Hy het n talent ontvang wat nie onder n emmer verberg kan word net omdat hy jonk is nie. Wat keuse van Universiteit betref sou ek Stellenbosch aanbeveel net omdat dit baie naby sy tuisdorp is en vir sy ouers maklikker sal wees om hom te ondersteun.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.