Opedag by Aros: Bekom ʼn wêreldklas onderwysgraad!

Met ʼn duisend ingeskrewe onderwysstudente in 2017, kompeteer Aros nou in dieselfde klas as Suid-Afrika se beste Afrikaanse opvoedkunde universiteite. Aros se strewe is egter nie om homself net te vergelyk met Suid-Afrikaanse universiteite nie, maar om internasionaal sy merk te maak.

Privaatopleiding bied juis die vryheid om beter te wees as die minimum standaarde en vereistes, en daarom het Aros ʼn nuwe projek van stapel gestuur genaamd Aros Internasionaal. Die doel van hierdie projek is om deurlopend internasionale beste praktyk te vergelyk, en voorpunt navorsing, ontwikkeling en opleiding te bly handhaaf. In lyn met Aros se strewe na moedertaalonderrig, is spesialiste by Aros ook besig om kwalifikasies na ander Afrikatale te vertaal.

Aros, tans die enigste privaat aanbieder van ten volle Afrikaanse onderwysgrade in die wêreld, bied reeds in 2017 ʼn BEd graad in Intermediêre Fase Onderwys, ʼn BEd graad in Grondslagfase Onderwys en ʼn diploma in Graad R-onderwys. Die Intermediêre Onderwysgraad se vertakking in beide die Wiskunde en Natuurwetenskappe, asook die Lewensvaardighede en Sosiale Wetenskap-rigtings, is juis as waardetoevoeging vir die onderwysuitdaging in Suid Afrika ontwikkel. Uitbreiding van seniorfase- en nagraadse onderwysgrade is reeds ver gevorderd.

Studente het die voordeel om hul onderwys prakties te doen terwyl hulle studeer. Klasse vind plaas op Vrydae en Saterdae, en dus kan die studente gedurende die week as onderwysassistente by skole of ander leerinstansies inskakel. Behalwe die voordeel om reeds finansieel vir hul werk beloon te word, berei voltydse klassituasies die student soveel beter voor om nie net teoretiese kennis oor klasgee te hê nie, maar om daagliks blootgestel te word aan die uitdagings en vreugdes van praktiese onderwys.

Studente het ook toegang tot die aanlyn studente-ondersteuningstelsel waarop hul studiegidse, opdragte, notas en aanlyntoetse gestoor word. Deur hierdie stelsel het studente ook toegang tot die aanlynbiblioteek en hul dosente.

Siende Aros daarin glo om goedbegronde en waardegedrewe onderwysers aan die gemeenskap te bied, word studente ook blootgestel aan verskeie opvoedkundige programme wat, gebaseer op ʼn Christelike grondslag, die student holisties ontwikkel om sy plek ten volle in die gemeenskap in te neem. Studente word ook emosioneel, sosiaal en geestelik ondersteun deur ʼn toegewyde studenteondersteuningsafdeling met professionele beraders.

Die studentelewe by Aros word deur die studente self deur ʼn studenteraad en klasverteenwoordigers bestuur. Studente kom bymekaar op die kampus in Pretoria tydens sosiale geleenthede waar netwerke gevestig en lewenslange vriendskappe gesmee word.

Tydens die gradeplegtigheid in Maart 2017, het 114 studente hul BEd Grondslagfase-graad ontvang, waarvan meer as 90% reeds in skole oor die land heen werksaam is.

Aros se aansoeke vir studie in 2018 het reeds geopen, en aansoeke kan óf aanlyn ingevul, óf in hardekopieformaat afgelaai en ingevul word op Aros se webblad.

DOEN AANSOEK HIER!
Belangstellendes wat meer wil weet, kan ook die opedag op 13 Mei 2017 by die Aros kampus in Waverley, Pretoria, bywoon.

BESPREEK JOU PLEK!
Rig navrae aan [email protected]. Besprekings vir die opedag kan telefonies by 012 332 3227 of aanlyn by www.aros.ac.za gedoen word.

Aros, waar jy die verskil kan maak!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.