Oudio-Bybels vir swaksiende senior burgers

Goeie Nuus Media deel oudio-Bybels aan senior burgers uit (Foto: Verskaf)

Goeie Nuus Media deel oudio-Bybels aan senior burgers uit (Foto: Verskaf)

Talle swaksiende senior burgers van die Harmoniepark Tehuis in Pretoria, wat nie meer in staat is om te lees nie, het vandeesweek oudio-Bybels ontvang.

Goeie Nuus Media het dié Bybels aan 20 inwoners uitgedeel.

Die legendariese radiopersoonlikheid, Tossie Lochner, het saam met die inwoners gekuier en die oudio-spelertjies aan hulle oorhandig.

Dié spelertjie het die volledige Bybel op en kan gemaklik deur mense wat swaksiende is, hanteer word. Ouer mense wat nie meer die Bybel kan vashou nie, kan ook die oudio-speler gebruik.

Die oudio-speler het ook ʼn sonpaneel en is nie van krag afhanklik nie.

Ilse Ferreira, ʼn Goeie Nuus-mediawoordvoerder, sê die Bybel verseker ook dat ongeletterde mense bereik kan word met die Woord.

“Die skokkende statistieke wys dat meer as die helfte van die algehele wêreldbevolking tans ongeletterd is. En as ʼn mens diegene wat weens gesigsgestremdheid, asook diegene wat net deels geletterd is, byvoeg, lyk die verspreiding van die evangelie nogal na ʼn groot taak wat nie net deur die druk van meer Bybels aangepak kan word nie. Hierdie oudio-Bybeltjie speel dus ʼn baie groot rol,” het sy gesê.

Vir meer inligting, besoek Goeie Nuus-media se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.