Ouma en Oupa, ek mis julle!

Argieffoto (Foto: Bernd Schray/Pixabay)

Liewe Ouma en Oupa

Ek dink gereeld aan julle ek wonder waarmee julle julself besig hou in hierdie alleen-tyd. My hart breek as ek dink hoe lanklaas ek julle kon sien, of sommer net kon kom kuier wanneer ek julle mis!

Ek dink gereeld terug aan die middagtoebroodjies wat ons om die etenstafel gedeel het wanneer ek sommer net inwals om te kom hallo-sê. Ek dink aan die koppie tee wat Ouma maak terwyl ons gesels, en hoe niemand anders se tee soos Ouma sʼn proe nie.

Ek wonder soms of Oupa nog sop kook vir julle, en of Ouma gereeld nog ʼn melktert bak op Sondae … dit is die twee reuke wat ons gereeld verwelkom as ons kom kuier.

Ek mis die geluid van Ouma se klavier, Oupa se grappies, en op-die-stoep-sit en koffiedrink op koue wintersoggende. Ek kan amper nie glo dat ons ʼn hele winter mekaar moes vermy nie … soveel kosbare oomblikke wat sommer net nie gebeur het nie en die drukkies wat ek misgeloop het. Ek verlang my dood!

Ek weet ons gaan mekaar sommer gou weer sien. Intussen stuur ek ietsie wat julle ook aan my sal laat dink. Ek het hierdie T-hemde gesien en geweet dit is die ideale manier om my liefde te wys! Vir Oupa gee ek ʼn hemp wat die wysheid uitbeeld wat Oupa oor die jare met ons gedeel het, van hoe om ʼn hart te steel en hoe om ʼn hamer te gebruik. Vir Ouma stuur ek ʼn hemp wat my herinner aan al die melktert-oomblikke en die reuk van liefde in die kombuis.

Ek hoop dat hierdie hemde soos ʼn drukkie van my af sal wees.

Sien julle sommer gou-gou weer!

Baie liefde

*Verlang jy ook na jou ouma en oupa? Stuur vir hulle een van dié spesiale hemde. Koop dit nou in Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie!

Klik hier om Ouma se hemp te koop

Klik hier om Oupa se hemp te koop

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.