Pandemie inspireer kleur van die jaar vir 2021

Pantone se kleure van die jaar vir 2021

Pantone kies jaarliks ʼn kleur van die jaar en 2021 het vanjaar nie een nie, maar twee kleure opgelewer.

Die kleure van 2021 is Ultimate Gray en Illuminating, ʼn algemene grys en ʼn geel soos dié van ʼn suurlemoen se skil.

Vorige kleure wat Pantone as kleur van die jaar aangewys het, was klassieke blou (2020) en Living Coral (2019).

Dié kleure beïnvloed wêreldwye produkontwikkeling en aankope in verskeie groot bedryfsrigtings soos mode, meubels, verpakking en grafiese ontwerp.

Pantone se kleure van die jaar vir 2021 is Ultimate Gray en Illuminating

Pantone het op sosiale media laat hoor dat die internasionale Covid-19-pandemie die kleure van 2021 geïnspireer het, aangesien dit swaar maar ook belowende tye verteenwoordig.

“Die kleure is albei opbouend en blywend. Illuminating is ʼn helder geel met sprankelende energie van die son. Ultimate Gray is ʼn teken van betroubare elemente wat ewig is en ʼn vaste fondament bied,” sê Pantone.

Pantone sê ook dié twee kleure is heeltemal onafhanklik, maar kan tog byeenkom om suksesvolle kleurkuns te skep deur dieper gevoelens en denke met die optimistiese belofte van ʼn songevulde dag te bied.

“Prakties en sterk, maar terselfdertyd warm en optimisties – dit is ʼn kleurkombinasie wat ons hoop en veerkragtigheid gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eend Bessinger ·

Ek sou eerder vir ‘n kleur gaan wat meer hoop toon: GROEN.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.