Paramedikus red katjie uit drein

Die katjie wat gered is. Foto: Netcare911

ʼn Babakatjie is Vrydag uit ʼn stormwaterdrein in Tongaat, noord van Durban in KwaZulu-Natal, gered.

Shaun Paul, ʼn paramedikus van Netcare 911, het in die omgewing gery toe twee kinders sy aandag getrek het.

Die kinders het aan Paul gesê ʼn katjie het in ʼn drein geval en vir hom beduie waar dit gebeur het. Paul het na die toneel gery en ondersoek ingestel. Hy kon die kat hoor en het bepaal dat die katjie sowat twee meter diep in die drein was.

Hy het met die toerusting tot sy beskikking ʼn plan gemaak en kon daarin slaag om die papnat katjie veilig uit die drein te kry. Volgens Paul was die katjie erg uitgeput.

Paul het die katjie in ʼn handdoek toegedraai en water gegee. Die katjie is na die Sables Creatures-diereorganisasie in Ballito geneem.

Die katjie wat gered is. Foto: Netcare911

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

TLC ·

Ag baie baie dankie vir jou wonderlike hul
Ek het altyd plek vir nod een
3 van my eie Peanut Botter en jam al drie gemmer kate Nog die hele buurt se katte ook
M
Nuuste toevoeging n ciameese kat babatjie
Dan by werk die mooiste amazingste kat en ons is net 3 damer wat hom toulaat om hom ons konins te wees of wag hy gedra hom so
Jip n baie sagte hart vir n kat
Net jammer daar is groot haat katters daar buite
Weereens baie dankie

Christelle ·

Baie Dankie vir jou hulp Shaun!! Ons Bid dat daardie katjie ‘n Goeie Liefdevolle huis sal kry?

nà 9 van hulle.. BAIE DANKIE dat jy die ou dingetjie van n gewisse dood gered het Shaun!! ·

Katte is ook my groot liefde! Wil elke liewe een wat ek sien of help, huistoe neem, maar my man het nou brick aangedraai, nà 9 van hulle wat ons gered èn aangeneem het. Waar ons bly, is daar baie katjies wat hulp nodig het, en ek sal maar sien hoe lank ek my oè sal kan toe knyp……..

Margaret ·

So begeesterd geraak toe ek sien n katjie is gered, dat ek skoon vergeet het om te sè: Baie baie dankie Shaun dat jy daai ou dingetjie van n gewisse dood gered het?

Essa ·

Lekker goedvoel-storie. Dankie aan die katjie se weldoeners. ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.