Pasgetroude glanspaartjie kondig swangerskap aan

Angelique en Jacques (Foto: Facebook via Angelique Gerber)

Angelique en Jacques (Foto: Facebook via Angelique Gerber)

ʼn Glanspaartjie, wat onlangs die knoop deurgehak het op die Eureka-wynlandgoed net buite Durbanville, het Donderdag aangekondig hulle verwag hul eersteling.

Die aktrise Angelique Gerber en haar man, die rugbyspeler Jacques Potgieter, het dié nuus eksklusief aan Huisgenoot bevestig.

Angelique het ook die nuus in ʼn Facebook-plasing bevestig.

“Ons is ongelooflik opgewonde!” het sy aan ʼn aanhanger op Facebook gesê.

Maroela Media het vroeër berig die paartjie het hul pragtige troufoto’s gedeel nadat hulle op 11 Junie getrou het.

“Dit was die mees spesiale en volmaakte dag van my lewe. Alle eer gaan aan my hemelse Vader vir al die seën wat ons ervaar. Ek het werklik met my beste vriend getrou,” het sy op Facebook geskryf.

Die egpaar ken mekaar al ʼn geruime tyd en is sedert Augustus 2014 in ʼn verhouding.

Sy het ook vir Jacques bedank vir sy toegewyde ondersteuning. “Dankie vir die man wat jy is – altyd positief en altyd glimlaggend.”

Dit is nog nie duidelik hoeveel weke die aktrise swanger is nie.

Angelique kon nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Louis C Prinsloo ·

Hartliks geluk met verwagting, mag dit wel en suksesvol verloop en baba met pappa se rugby klere en boots uitspring om die drie te druk van sukses. Gepaart met die eerste huil van blydskap om lewe te sien en beleef

Basson ·

Baie geluk!!

Baie geluk ook aan die 1000e ander nie-“glanspaartjies’ wie verloof, trou, verwag, kar koop, ens vandag. more en in die toekoms :))

Wat-ek-lees ·

Soos jy sê snoefie, die resep vir ‘n kitsbaba . . .

ben ·

Daar is natuurlik ‘n verskil tussen ‘n glanspaartjies en die valetjie oorkant die straat.

jeanette ·

Baie, baie geluk met julle huwelik en julle baba wat oppad is ons is mal oor julle en het julle troue op Top billing gekyk, jou rok lyk fantasties, nogmaal baie geluk

Slimme ·

Alles wonderlik en ja ……. geluk.

Kom ons kyk maaar 5 jaar van nou af hoe dit dan gaan………

johann cb ·

Sjoe, maar julle werk vinnig! Of julle weet nog nie waar babas vandaan kom nie (^_-)! Baie geluk en mag julle vir altyd ‘n gelukkige gesin wees.

Sêmaarnet ·

Hul het Dan al n baby shower gehad . En soos dit vir my lyk dalk n seuntjie. Volgens kleur skema. So ja . Troue bietjie laat vir n honeymoon baba. Maar geluk inelkgeval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.