Plakkaat lei hom na verlore beursie

Sifiso

Foto: Facebook/Ian Edwards

Ian Edwards (41), ʼn sagteware-ontwikkelaar van Durban, was stomgeslaan toe ʼn weldoener op ʼn baie kreatiewe manier sy beursie aan hom terug besorg het.

Ian het Vrydag sy beursie by ʼn mediese sentrum in Sunningdale verloor en was baie verras toe sy broer hom Maandag bel om te sê hy het sy beursie gekry. Ian kon nie glo wat sy broer hom vertel nie.

ʼn Man genaamd Sifiso het Ian se beursie opgetel en toe hy nie enige kontakbesonderhede kon kry nie, het hy huis toe gegaan en die volgende op ʼn groot bord geskryf: “If lost your wallet Mr IC Edwards”. Sifiso het by die mediese sentrum met dié bord gestaan en wag.

Ian het aan Maroela Media gesê hy het Sifiso gaan ontmoet om hom te bedank. “Hy kon enigiets met my beursie gedoen het, maar hy het gekies om die regte ding te doen– wat ʼn goeie ou!”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Reinhardt ·

Fantasties. Ons kort meer sulke mense in die samelewing.

Griki ·

Daar was in die afgelope tyd vele berigte oor weldoeners oor kleurgrense heen en ek glo dat dit die werklike hart van ons nasie is. Daar is meer goeie stories oor mense van verskillende rasse wat goeie dinge vir mekaar doen as rassistiese voorvalle. Net jammer diesulkes soos Zuma, die EFF, Gillian Schutte en die joernalis McKaiser ignoreer dit soos ‘n stopstraat en blaas eerder rassisme op en aan.

Mooi storie ·

Sifiso, mooi storie, wens daar is meer sulke mense!!!!! Dankie Maroela, dat julle alles deel nie net die ergste, maar ook die mooi, dit help almal positief hou veral na al die moorde en verkragtings.

Mike ·

Maroela dit is mos nie nuuswaardig nie,elkeen van ons wat edel van inbors is doen sulke goed amper daagliks,ek self het al baie,seker om die kleurgrens op te lig,of is dit uit te lig…..

Blommie ·

Mike, mooi so vir jou maar mense van edel inbors is ongelukkig dun gesaai. Mens is so moeg vir al die negatiewe berig gewing en om nie eers van die kommentaar te praat nie. Dankie Maroela Media vir die voel goed storie!

Michelle O ·

Hoop hy het darem ietsie gekry daarvoor ..
Ek’s seker Sifiso het daarop staat gemaak ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.