Polisiebeampte was ʼn engel, sê ma

Kind

Foto: Facebook

ʼn Plasing oor ʼn polisieman wat ʼn sukkelende mamma by die lughawe gehelp het, het sosiale media aan die gons. Die ma, Tiffini Hein van Johannesburg, sê die polisieman was ʼn regte engel.

Tiffini beskryf ʼn situasie wat verskeie ouers sekerlik al beleef het. Volgens haar plasing het sy en haar drie (moeë) kleuters Ouma by die lughawe gaan aflaai ná ʼn lekker dag se kuier. Hulle het almal saam geëet en toe hulle vir Ouma moes groet, het die bom gebars.

“Knorrige kleuters wat hul ouma moet groet, werk nie so lekker saam nie. Dis moeilik om dit aan iemand te verduidelik wat nog nie met ʼn kleuter moes onderhandel nie. In die middel van die besig lughawe het ek alle beheer verloor. Elke keer wanneer ek een kind tot bedaring kon bring, het die ander een laat spaander. Kinders wat gil en agter Ouma aanhardloop – dit was soos ʼn nagmerrie gewees. Mense het na my gestaar asof ek die slegste ma in die wêreld is.”

Tiffini vertel hoe ene Malemela, ʼn polisiebeampte, beheer geneem het van die situasie.

“Dit voel of hy my lewe gered het! Hy het my kinders opgetel en deur twee terminale gestap en hulle na my kar toe gedra. Hy het hulle met soveel liefde, deernis en empatie behandel. Daar is nie woorde om te verduidelik hoe hy my gehelp het nie.”

Dié ma sê op Facebook dié beampte het haar geloof in die polisie herstel en dat sy nie genoeg dankie kan sê vir sy diens nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Opinie ·

Hoe WONDERLIK is dit om so iets so positiefs op Maroela Media te lees?! Dankie Mnr Malemela!

Leonie ·

‘n Ware Polisieman. Dankie Mnr Malemela en Maroela vir ‘n goeie artikel.

SNEL ·

So bly oor die brokkie goeie nuus, ai, hoe lekker om van so iets positiefs te lees.

Snuffels ·

Mnr Malemela, jou liefdesgebaar is kosbaar ! Suid-Afrika sal so ‘n wonderlike plek wees as ons almal so uitreik na mekaar. Baie dankie dat jou gewille arms daar was om die mamma te help.

Theresa ·

Hoop hy lees die dankie-kommentare! Dis hoe mens ‘n polisieman geken het en dis verblydend om te sien daar is steeds die goeie geregsdienaars.

charlene ·

Maroela BAIE dankie vir die plasing. en aan die polisieman TOPS vir jou. Di kleintjie in die arms lyk net nie so happy met jou nie. Maar dis `n ongelooflik mooi gebaar gewees van jou kant af. Die arme ma dit moes so erg vir haar gewees het en jy het dadelik gehelp – above and beyond call of duty.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.