Pretoriase skole sien behoorlik dubbel

Die Laerskool Wierdapark se 40 stelle tweelinge en een drieling. (Foto: Verskaf)

Die Laerskool Wierdapark se 40 stelle tweelinge en een drieling. (Foto: Verskaf)

Twee Pretoriase laerskole sien vanjaar behoorlik dubbel nadat daar buitengewoon baie tweelinge vanjaar hul skoolloopbaan by dié twee skole begin het.

Laerskool Tuine in die weste van Pretoria het vanjaar altesaam vyf stelle tweelinge én ʼn drieling in hul gr. 1-klasse.

Wilma Steynberg, gr. 1-onderwyseres by dié laerskool, het aan Maroela Media gesê die skool was bewus daarvan dat ʼn paar van die nuwe inskrywings tweelinge is, maar het eers met die aanvang van die nuwe skooljaar besef hoeveel daar eintlik is.

Die stelle tweelinge bestaan uit een stel sussies, twee stelle boeties en twee gemengde stelle. “Die drieling is twee boeties en ʼn sussie,” vertel Steynberg.

Sy sê ook die een tweeling is van mekaar geskei en nie in dieselfde klas nie, terwyl die ander vier stelle tweelinge sowel as die drieling nie van mekaar geskei is nie. “Dit hang alles af van hoe die ouers dit verkies. As hulle ons vra om die kinders van mekaar te skei, dan maak ons so,” verduidelik sy.

Sy vertel hoewel die kinders in pare in die klas is, word hulle as individue behandel. “Die kinders se persoonlikhede verskil soos dag en nag. Jy kry die sterker een en die een wat meer afhanklik is van die ander een. Ons behandel hulle soos enige ander kind en as die ouers dit so verkies, skuif ons hulle in die klas ook uit mekaar uit.”

Die Laerskool Tuine se vyf stelle tweelinge en een drieling wat vanjaar daar begin skoolgaan het. (Foto: Verskaf)

Die Laerskool Tuine se vyf stelle tweelinge en een drieling wat vanjaar daar begin skoolgaan het. (Foto: Verskaf)

Monica du Randt, departementshoof van die grondslagfase by Laerskool Tuine, het gesê die kinders én die onderwysers was ewe opgewonde om met die nuwe skooljaar te begin.

“Die onderwysers is almal goed uitgerus ná die Desembervakansie en sien uit daarna om met die nuwe groep kinders te werk,” het Du Randt gesê.

“Die kinders was net opgewonde om te begin skoolgaan en ons het nie regtig ʼn hartseer gesiggie in die klasse gehad nie.”

Intussen het die Laerskool Wierdapark vanjaar ʼn allemintige nege stelle gr. 1-tweelinge toegevoeg tot die magdom stelle tweelinge wat reeds by dié laerskool skoolgaan. Daar is nou altesaam 40 stelle tweelinge en ʼn drieling in die skool. Die drieling is vanjaar in gr. 2.

Louis Dekker, skoolhoof van Laerskool Wierdapark, het aan Maroela Media gesê die skool was voor die aanvang van die nuwe skooljaar reeds bewus van al die tweelinge wat vanjaar by hulle aangesluit het.

“Daar is meer dogters as seuns,” het Dekker gesê. Hy het net soos Steynberg gesê die kinders word na gelang van die ouers se keuse saam of apart in klasse ingedeel.

“Sommige ouers verkies dit as die kinders geskei word, want sodoende kry elkeen dan die geleentheid om uit eie reg te ontwikkel. Ander ouers verkies dit om die kinders saam in een klas te hê. Dit gebeur veral by die hoër grade waar dit makliker is as die huiswerk dieselfde is en die kinders by dieselfde onderwyser klas kry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

ILONA HARRIS ·

Please don’t let the MEC for education see these ……

Beslis ·

Jy is beslis reg Ilona!! Daar gaan ‘n ondersoek ingestel word en belasting betalers gaan daarvoor betaal. Die bevinding gaan beslis wees dat dit apartheid se skuld was.

Ek dink ook die MEC gaan as hy dit sien dalk ‘n nuwe reel maak dat net 1 van die 2 mag skool toe gaan. Hulle vat heeltemal te veel plek op. Daai 40 ekstra kinders in Wierdapark vat net onnodiglik plek op….. ;-)

Susan ·

En niemand sien die realiteit hier raak nie. Ons kos word so gemanipuleer met groei hormone ens en elke jaar raak dit meer sigbaar as mens die tendens van meerlinge aanskou.

Mammamoo ·

Absoluut en ook die meer mense wat “artificial insemination” gebruil om swanger te word.

IK ·

Ek glo nie Susan maar dink eerder dat party ouers ‘n beter resep het as ander . . .
Maar ek moet sê dis ‘n pragtige gesig om die foto’s te sien en sterkte aan die onderwysers om hulle uit te ken naamsgewyse.

Liezl ·

Of dit nou kos id wat met ekstra hormone geeet word en of dit nou kunsmatige inseminasie is…BRAVO, wonderlik om sulke jong afrikaanse mensies te sien. Goed vir ons land!!!!!!

Ook Tweeling Mamma ·

Ek is ook ‘n mamma van ‘n tweeling – seun & dogter – nou in Gr11. Ek het ook al die jare verkies om hulle in aparte klasse te hou, en hulle het self nie daarvan gehou om in dieselfde klas te wees nie. Selfs in hoërskool verpes hulle dit om in een van hul 4 hoofvakke saam in ‘n klas te wees, want meeste onderwysers weet nié day hulle ‘n tweeling is nie, maar dan maak die onnies ‘n groot ophef daarvan wanneer hulle wel 2 & 2 bymekaar sit, gewoonlik in die 2de of 3de kwartaal. Hulle het selfs die skool laat weet dat hulle moet seker maak van die roosters. Mens kan so ook sien hoe die klasse by verskillende onderwysers verskil, alhoewel dit dieselfde vak is. Een klas kan tot 3 weke voor ‘n ander klas wees.

Liezl ·

Of dit nou kos id wat met ekstra hormone geeet word en of dit nou kunsmatige inseminasie is…BRAVO, wonderlik om sulke jong afrikaanse mensies te sien. Goed vir ons land!!!!!!

tg ·

is alby tweelinge blank. dit is blatant rasisties, kwotas asb.
50/50 asb

Anoniem ·

@tg, Lesufi moet nie hierdie foto sien nie want dan gaan hy weer sy bek rek en se daar is te veel blanke gesiggies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.