Prinses van plante beskerm die spekboom

Enzo van Vuuren en Roze Mettler by die Noetzie-kasteel

Enzo van Vuuren en Roze Mettler by die Noetzie-kasteel. Foto’s: Verskaf.

Heal the World 4 Us is ʼn bewusmakingsinisiatief wat deur Enzo van Vuuren begin is. Hy het in 2011 altesaam 6 000 km dwarsoor Suid-Afrika op sy fiets gery om mense bewus te maak van die voordele van natuurlike medisyne en skoon drinkwater.

Verlede jaar is ʼn skoonheidskompetisie, “Miss Heal the World 4 Us”, op die Haldon-landgoed buite Bloemfontein gehou. Hier is vyf prinsesse met die titel “Miss Good Heart” vanuit hoërskole in Bloemfontein aangewys. Dié prinsesse verteenwoordig die elemente van ’n “groen lewe”, naamlik diere, plante, die jeug, herwinning en water.

Roze Mettler (16) is as die prinses van plante aangewys en het onlangs die Tuinroete en die R62-pad tussen Oudtshoorn en Worcester besoek as deel van haar veldtog om bewusmaking oor die spekboom te skep. Mettler het onder meer by die Knysnawoud, Noetzie-kasteel en die 800 jaar oue boom by die inheemse woud Woodville naby Wildernis gestop, asook ʼn boom by die Hoërskool Pacaltsdorp saam met die leerders geplant.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.