Prinshofskool spog met 100%-slaagsyfer

Prinshof_Matrieks_2015-Small.jpg

Prinshofskool se 2015-Matrieks

Al 26 matrikulante van die Prinshofskool vir visueelgestremdes in Pretoria het die 2015 NSS-eksamen geslaag. Boonop het die matrikulante ʼn totaal van 14 vakonderskeidings behaal. Twee leerlinge, Mkhuseli Methula en Lané Wahl, het elk drie onderskeidings behaal en 18 spog met universiteitstoelating.

’n Rekordgetal van 13 blinde leerlinge het die eksamen in braille geskryf, terwyl die ander erg swaksiende leerlinge van grootdrukvraestelle gebruik gemaak het. Hoewel die vraestelle vir sommige vakke soos lewenswetenskappe deur die onderwysdepartement vir visueelgestremdes aangepas is, was die moeilikheidsgraad dieselfde as vraestelle wat die res van die land se matrikulante geskryf het.

Die feit dat dit die 20ste agtereenvolgende jaar is dat ’n 100%-slaagsyfer in die NSS-eksamen behaal is, getuig van die toewyding van die onderwysers en leerlinge. Prinshofskool kan met reg op dié prestasie trots wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

CHRISTA ·

Laat julle leerlinge motiveringstoesprake by ons staatskole kom hou ten einde aan hulle te toon dat NIKS in jou pad hoef te staan om te slaag nie – JY MOET NET DIE WILSKRAG HÊ!!!

GES ·

Baie baie geluk met julle prestasie! Dit is hoe dinge gedoen moet word. :-)

Sarie ·

Fantasties!!! Hulle sou genoeg redes kon aanvoer waarom hulle nié geslaag het nie, maar hulle het verkies om niè net te slaag nie, maar om boonop te presteer!!! Bàie geluk aan die leerders, sowel as diè wat hulle onderrig het… Wàt ‘n pragtige sukses-verhaal!!!

Saskia Meijer ·

Welgedaan. Baie geluk ook aan al die personeel onder die bekwame leiding van mev Karin Swart, die hoof. Hierdie skool verrig wondere met net die nodigste ondersteuning van die regering. Dit bly ‘n kuns om al die uitgawes te dek. Gaan besoek gerus ‘n slag die skool, hier is ‘n span wat meer as die ekstra myl stap.

Dirk Bloem ·

Prinshof, ouer, leerders en Leerkragte (onnies) julle het baie om op trots te wees. My kind is ook in die skool ek ek kan almal waarborg die uitslae kom deur harde werk van al drie die belange groepe. Pragtig gedaan en ek sit graag ‘n veertjie in die hoed van Karin (hoof) en haar personeel vir hierdie puik prestasie. Dit kom nie sonder baie geduld, lang ure op die kniee voor God vir genade, en baie harde werk nie. Groete en doe so voort. Dirk Bloem snr

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.