Privaat afstandsonderrig bied belowende alternatief vir studente

Argieffoto (Foto: StartupStockPhotos/Pixabay)

Buiten die impak van die Covid-19-pandemie op hoër onderrig wat daartoe gelei het dat akademici wêreldwyd gedwing is om afstandsonderrig en -leer aan te gryp, is daar ʼn tasbare aanvraag vir onderrig wat die aanbod verreweg oorskry.

Volgens Angela Bruwer, uitvoerende -akademiese hoof by IMM Graduate School, blyk dit duidelik uit die voortgesette kwessie dat staatsuniversiteite nie die toenemende getal jaarlikse aansoekers kan hanteer nie. Privaat hoëronderrigverskaffers geniet al meer trekkingskrag om ʼn alternatiewe ruimte te skep wat mededingende studieprogramme vir voornemende studente aanbied.

Ongelukkig waarborg ʼn universiteitsgraad vandag nie enigiets nie en die indruk dat dit outomaties tot indiensneming sal lei, is besig om vinnig te vervaag, soos wat berigte van werklose gegradueerdes onthul. Universiteitskwalifikasies wat “gebaseer is op teoretiese kennis, maar ver verwyderd is van die bedryf”, word aan dié neiging toegeskryf.

Bruwer moedig studente eerder aan om hul opleiding na te streef deur ʼn privaat verskaffer wat relevante, werksgereed, vaardigheidsgebaseerde programme aanbied. Sulke programme moet gebaseer wees in kritieke denke, kreatiwiteit en probleemoplossing om indiensneembaarheid te verhoog.

Die IMM Graduate School bied grade, diplomas, hoër sertifikate en nagraadse kwalifikasies aan wat aan al dié vereistes voldoen. Sy voeg by: “Privaat verskaffers is behendig en reaktief. Ons werk nou saam met die bedryf en kan dus baie vinniger reageer op die aanvraag van ondernemings en die samelewing en word nie verhinder deur die burokrasie wat staatsinstansies pootjie nie.”

Tegnologie en die neiging na aanlyn leer en onderrig plaas ook die klem op universiteite se uitdagings om in pas te bly met die evolusie van onderrig en die werksplek. Bruwer sê: “Covid-19 het die florerende ontwikkelings in die inligtingstegnologiebedryf bespoedig en talle voorspel nou dat die tradisionele kontak-gebaseerde universiteit binnekort iets van die verlede kan wees en dat digitaal-gebaseerde, aanlyn universiteit unieke voordele aan studente sal bied.”

Argieffoto (Foto: SplitShire/Pixabay)

Natuurlik, weens werksverpligtinge, reisbeperkings en bekostigbaarheid, is daar ʼn toenemende aanvraag na aanlyn leerprogramme. Afstandsonderrig, veral dié wat van aanlyn platforms gebruik maak, verplaas die tradisionele grense van tyd en plek, en bied toegang tot studente wat by aangesigtyd-universiteite en instansies weggewys word. Talle suider- Afrikastudente word deur dié probleem in die gesig gestaar. Die inherent vinniger reaksiesiklusse van privaat afsandsonderriginstansies fasiliteer die Afrikaniserings-imperatief. Aanlyn leer verskaf ook groter buigbaarheid aan studente en die vermoë om ʼn inkomste te verdien terwyl hulle hul studies voltooi.

Volgens Bruwer is studente op soek na wêreldgehalte onderrig en kwalifikasies wat hulle blootstel aan groter prentjie-denke. Hulle wil ook die buigsaamheid hê om hul studies in hul eie tyd en teen hul eie pas af te handel. Afstandsleerprogramme, veral dié wat van aanlyn platforms gebruik maak, is noodsaaklik vir Suid-Afrika, en IMM Graduate School is een van die opsies wat vir voornemende studente beskikbaar is.

“Die kwalifikasies wat die IMM Graduate School aanbied, is in lyn met internasionale neigings en studente ontvang ondersteuning aanlyn met ʼn interaktiewe leerplatform waar hulle met dosente en medestudente in gesprek kan tree. Studente kan boonop ook kies om die ondersteuningsentra te besoek waar hulle studieklasse kan bywoon, saam met ander studente kan werk en die inligtingsentrum se fasiliteite kan gebruik.

“Dié studenteondersteuningsplatforms spreek direk die behoeftes aan van nuwe studente, ambisieuse professionele persone en diegene wat hul bestaande kennis wil uitbrei deur erkende programme en digitaal wil studeer en in kontak wil bly, soos bewys deur talle IMM Graduate School-alumni wat invloedryke posisies beklee in talle internasionale bedrywe.”

IMM Graduate School se registrasies vir 2021 sluit op 31 Maart 2021. Om meer uit te vind of om aansoek te doen, besoek www.imm.ac.za of skakel 0861 466 476 om met ʼn konsultant te gesels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.