Projek verskaf meer as net sanitêre produkte

help-hanna-amalia-uys

Amalia Uys is een van die bekendes wat die #HelpHanna-projek van Helpende Hand ondersteun. Foto: Helphanna.co.za

Solidariteit Helpende Hand se #HelpHanna-projek verskaf sanitêre produkte en selfwaarde aan meer as 3 600 meisies

Solidariteit Helpende Hand het in Augustus 2015 bewus geword daarvan dat basie meisies nie sanitêre ware kan bekostig nie. Die #HelpHanna-projek is toe van stapel gestuur om te help. ʼn Jaar later getuig onderwyseresse dat meisies meer selfvertroue het en selfs die vrymoedigheid het om vir hulp te vra.

Helpende Hand het vanjaar weer ʼn studie gedoen oor die impak van die projek op meisies se lewens. Die vraelys is deur onderwyseresse in al die deelnemende skole beantwoord en handel onder andere oor meisies se vrymoedigheid om kwessies rondom menstruasie te bespreek en die verbetering in skoolbywoning en selfvertroue by behoeftige meisies.

Volgens die onderwyseresse het 71% van die meisies die vrymoedigheid om vir hulp te vra. Dit is ʼn stewige styging van die 50% wat verlede jaar gewillig was om vir hulp te vra.

Volgens die 2015-studie het meer as 10% van meisies in Afrikaanse skole ʼn tekort aan sanitêre produkte. Die tekort lei daartoe dat 7% van meisies gereeld skool misloop om vernedering te vermy. Sedert die #HelpHanna-projek by die skole geïmplementeer is, kan onderwyseres egter ʼn duidelike verbetering in meisies se skoolbywoning sien.

Die projek help 3 600 meisies in 130 skole regoor die land en ontvang byna weekliks nuwe aansoeke van skole. Hierdie projek word nie net in die armste gemeenskappe gehou nie, maar selfs in welvarende skole en gemeenskappe.

Helpende Hand se 157 takke samel ook produkte in om die projek verder te ondersteun. Die terugvoer van skoolverteenwoordigers bevestig ook dat die projek ʼn groot gaping vul en meisies se selfvertroue drasties verbeter.

  • Jy kan ook help om by te dra tot meisies se selfvertroue en om seker te maak hulle hoef nie skool mis te loop weens ʼn tekort aan sanitêre produkte nie. SMS die woord ‘helphanna’ na 38969 en skenk R10 vir ʼn Hanna-pakkie wat help om meisies in die skool te hou. SMSe kos R10. Vir meer inligting oor die projek en hoe om betrokke te raak en ook by die projek te baat, besoek www.helphanna.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jean ·

Ongelooflik …aan die een kant breek studente af en aan die ander kant help dames ander jong meisies om in hulle daaglikse behoeftes te voorsien .. hoeveel produkte kon nie vir ARMES gekoop word met die geld wat nou weer uitgehaal moet word om Universiteite en skole te herbou nie .. hoekom kan ons nie ‘n samelewing word van HELP MEKAAR ipv VERNIEL MEKAAR nie?

Landi Slatter ·

Dagsê Jan,

Dankie vir jou navraag. Dankie dat jy ons hierop gewys het! Ons wysig die skakel.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

E.K. ·

Uitstekende projek. Hier in Krugersdorp is ‘n kleurlingman wat op sy eie saam met sy vriende ook sanitêre doekies bymekaarmaak vir meisies op die platteland en dit self by hul uitkry. Dit was vir my so wonderlik dat ‘n MAN dit gedoen het en dit was lekker om hom te kon help. Mense, ons moet almal hierdie ondersteun, met die sms is dit regtig SO maklik om dit te doen.

Rooi Ferrari ·

My vraag is, kan die regering nie intree en die verskaffers van hierdie produkte dwing om hul pryse te verlaag nie? Ek beskou die sanitêre produkte nie as ‘n “luxury” nie, dit is ‘n “necessity”. In my huishouding moet ek vir myself, sowel as 2 tiener dogters elke maand produk aankoop. Die verpakking is van so aard dat jy gedwing word om meer as een pak doekies te moet koop. Ek spandeer maandeliks tussen R100 – R130 op produkte, en dit sluit nie tampons in nie. Ek koopnie die duurste produk op die rak nie, maar wil ek nie my kinders in verleetheid bring nie, en daarom koop ek maar ‘n “ trusted brand”.

E.K. ·

Rooi Ferrari – jy slaan die spyker op sy kop! Die goed is damn duur! Ek gebruik dit nie meer, maar sowaar ek skrik as ek iemand help met dit. Kyk ook kidnerhuise – vir hoevele meisies moet hul nie elke maand koop nie – dis ‘n hengse hap uit hul begroting. Jare gelede het, ek dink, Fair Lady of een of ander tydskrif gevra die regering moet stop om VAT op dit te vra maar so-iets is nie genoeg nie. Ek koop bv by Pep Stores (aangesien ek vir ‘n kinderhuis elke maand skenk en ook vir ‘n ander projek en soveel as moontlik vir so min as moontlik wil koop), hul doekies is die heel goedkoopste en dis ‘n bekende naam. Dan wil ek sommer weet hoe kan hulle soveel geodkoper wees – word ons vrouens deur die winkels uitgebuit? Maar ja, ek dink hierdie is nou iets waarin Helpende Hand hul tande kan slaan – vat die regering namens ons vrouens aan in hierdie saak. Of moet ons ook kom met soos die studente met hul ge-“feesmustfall” – dalk moet ons vra #costsmustfall!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.