Promosieartikel: Die dorp waar kinders nog kind kan wees

(Foto verskaf)

Verbeel jou ʼn plek waar die kinders nog fietsry in die strate, na die openbare swembad en skool toe loop en visvang in die dam …

ʼn Plek waar jy ná sononder kan gaan geld trek sonder om bang te wees. ’n Plek waar jy in Afrikaans kan lag en gesels en sonder voorbehoud kan deelneem aan die gemeenskapslewe. Waar Krugerdag, GRA-dag en Geloftedag gevier word. ’n Plek waar Sondag nog Sondag is.

Waar het alles begin?

ʼn Aantal besorgde, kundige Afrikaners wat bekommerd was oor die voortbestaan van die Afrikanerkultuur het in die vroeë negentigjare hande gevat en ʼn strategiese plan ontwikkel wat ten doel het om ʼn hoopvolle toekoms vir ons nageslag te help skep.

Gevolglik is ʼn onderneming gestig wat in 1992 gedeeltes van die historiese plase Kleinfontein en Donkerhoek gekoop het. ʼn Lewensvatbare Afrikanergemeenskap, vandag bekend as die Kleinfontein Afrikanerkultuurdorp, is gevestig.

Hier word die missie van Kleinfontein uitgeleef.

(Foto verskaf)

Geskiedkundige grond

Een van die mees betekenisvolle veldslae van die Anglo-Boereoorlog, die Slag van Donkerhoek, het op 11 en 12 Junie 1900 hier plaasgevind.

Kleinfontein het vir die eerste keer opslae gemaak toe die 150-jarige viering van die Groot Trek op dié stuk grond in 1988 deur meer as 60 000 mense bygewoon is. Hierdie geleentheid het gelei tot die aankoop van die 820 ha-plaas waar Kleinfontein vandag gevestig is.

Hoe lyk Kleinfontein vandag ?

Vandag bly en werk hier meer as 1 500 mense en spog die dorp met meer as 550 wonings.

Kleinfontein is ʼn gerieflike 15 km vanaf die ooste van Pretoria – ʼn skamele 15 minute se ry vanaf groot winkelsentrums, hospitale en ander geriewe.

Stukkie vir stukkie en steen vir steen het dié dorp gegroei met lae- en hoëdigtheidbehuising, aftreeoorde, ʼn wildpark en kleinhoewes.

Die Kleinfontein Sorgsentrum is ten volle ingerig en het selfs ʼn verswaktesorgeenheid waar Pa, Ma, Ouma of Oupa in liefde en in suiwer Afrikaans versorg word.

(Foto verskaf)

Die dorp beskik oor ʼn sakesentrum met ʼn kafee, restaurant, haarkapper, kitsbank, hardewarewinkel en Kleinfontein se bestuurskantore.

Sportgeriewe soos ʼn tennisbaan en gemeenskapswembad, jukskeibaan en rugbyveld bedien die gemeenskap sowel as die laerskool.

Jaarliks meet Kleinfontein op sport- en kultuurvlak kragte met Orania, en dan word daar rugby, netbal en jukskei in suiwer Afrikaans gespeel.

In die saal, wat die inwoners self deur die jare opgerig en vergroot het, word troues, kerk en gemeenskapsbyeenkomste gehou.

(Foto verskaf)

Hoe word jy deel van die dinamika van Kleinfontein?

ʼn Klompie jaar gelede het ander Afrikaners begin vra: Hoe kan ek eiendom in Kleinfontein bekom? Dit het gelei daartoe dat die gemeenskap ʼn eie finansiële instelling, KSK Finansiële Koöperatief Beperk, gestig het.

KSK neem deposito’s en verskaf ook lenings asook boulenings aan voornemende kopers. Terwyl van die ouer garde ʼn veilige bêreplek vir hulle fondse nodig het, het jonger intrekkers weer hulp nodig om te bou of ʼn woning aan te skaf.

Kleinfontein is Afrikanerwees op sy beste.

Lees meer op die webwerf www.kleinfontein.net, of op ons Facebook-blaaie Kleinfontein se Afrikaners en Vriende van Kleinfontein!

 

Vir meer inligting, kontak:

  • Irene Groenewald (bemarker): 012 802 1441
  • KSK: 012 802 1413 of www.kkb.co.za

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.