Prysgeld ter waarde van meer as R1,2-miljoen op die spel vir entrepreneurs

sakeplankompetisie-2-2015

Foto: ‘n Skermskoot uit die video.

Akademia het onlangs die Akademia Sakeplankompetisie vir 2015 met ’n prysgeld ter waarde van meer as R1,2 miljoen rand tydens ʼn sake-ontbyt by die Guardian Peak-wynkelder in Stellenbosch van stapel gestuur.

Die kompetisie, wat gehou word om nuwe en bestaande entrepreneurs te help om hulself en hul besigheid beter te verstaan en volhoubaar te maak, word vir die derde keer gehou en het reeds ʼn paar suksesverhale opgelewer. Van die deelnemers aan die vorige jare se kompetisie spog reeds met groot bedrae se investering, uitvoergeleenthede van produkte en nasionale bekendstellingen bemarkingsgeleenthede wat deur hul deelname aan die kompetisie ontsluit is.

Die tema van die sake-ontbyt was: Hoop vir die toekoms van besigheid in Suid-Afrika. Volgens Jannie Durand, die uitvoerende hoof van Remgro en gasspreker by die geleentheid, bestaan daar definitief baie geleenthede vir klein- en mediumondernemings in Suid-Afrika.

“Suid-Afrika presteer swakker as die res van Afrika suid van die Sahara wanneer dit kom by entrepreneursondernemings ten spyte daarvan dat die land ʼn baie beter infrastruktuur het. ʼn Gebrek aan selfkennis, sakekennis en ʼn vinnig veranderende mark pootjie klein- en mediumsakemanne dikwels, wat bydra tot die lae suksessyfer van slegs twee uit elke sewe ondernemings wat jaarliks oorleef.”

Volgens Chris du Plessis, koördineerder van die Akademia Sakeplankompetisie, is dit juis waarom Akademia en sy vennote hulle daarop toespits om deur opleiding nuwe en reeds bestaande entrepreneurs toe te rus om hul ondernemings volhoubaar te maak en so broodnodige werksgeleenthede in Suid-Afrika te skep.

Belangstellendes kan die webblad www.sakeplankompetisie.co.za besoek, of ʼn e-pos stuur aan [email protected] om meer inligting oor die kompetisie te bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.