Raak só betrokke by kinderbeskermingsweek

Kinderbeskermingsweek wat van 24 tot 31 Mei plaasvind is geskoei op die suksesvolle internasionale mentorskapprogram Big Brothers Big Sisters. Foto: Verskaf

Kinderbeskermingsweek wat van 24 tot 31 Mei plaasvind is geskoei op die suksesvolle internasionale mentorskapprogram Big Brothers Big Sisters. Foto: Verskaf

In die oploop na kinderbeskermingsweek gaan die Gauteng-tak van Bright Stars – ʼn mentorskapprogram vir weerlose kinders – ʼn werksessie aanbied oor hoe inwoners ʼn verskil kan maak in ʼn weerlose kind se lewe.

Kinderbeskermingsweek wat van 31 Mei tot 7 Junie plaasvind is geskoei op die suksesvolle internasionale mentorskapprogram Big Brothers Big Sisters en gee die publiek die geleentheid om ʼn kragtige rol te speel in die verandering van kinders se lewe.

Volgens die programbestuurder van Bright Stars, Ruth dos Santos, word daar vir dié mentorskapprogram ’n volwasse persoon aan ʼn kind toegewys waarna hulle dan een uur per week tyd saam deurbring. “Dit is baie keer al wat dit vat om ʼn kind se lewe te verander en vir hulle hoop vir die toekoms te gee,” sê dos Santos.

Sy voeg ook by dat die mentors, wat doodgewone lede van die publiek is, opgelei word om saam met dié kinders te stap en vir hulle om te gee sodat die kinders kan besef wat hulle waarde in die gemeenskap is en om hulle volle potensiaal te bereik.

Volgens ʼn persverklaring van die geleentheid wys statistiek dat kinders wat gementor word 53% meer geneig is om betrokke te raak op skool en dat 32% minder geneig is om betrokke te raak by geweld. Soveel as 46% van kinders wat gementor is, is ook minder geneig om dwelms te gebruik.

Sandi Bennett is tans ʼn mentor by die Bright Stars-projek en sy vertel dat haar lewe ryker is as wat sy dit kon voorstel. “Om my Bright Star te sien ophelder wanneer sy my elke Vrydag sien en om aan die ontvangkant van ʼn drukkie te wees wat jou laat snak na jou asem is iets wat al die geld in die wêreld nie kan koop nie,” sê Bennett.

Die opleidingsessie vind op 23 Mei in die Rosebank Union Church in Sandton plaas. Diegene wat dit graag wil bywoon moet teen 21 Mei registreer.

Om meer uit te vind oor die projek of om uit te vind hoe jy betrokke kan raak, gaan loer gerus op Bright Stars se webtuiste.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eliza-beth ·

Ek vra mooi dat mense wat dalk hier lees ASB by Abraham Kriel kinderhuis in Nylstroom se Mentorporgram betrokke raak! Kontak die hoof Gerda van der Merwe – dis ons eie Afrikaanse kinders!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.