ʼn Suid-Afrikaanse fliek is ingesluit by die kortlys van films wat meeding om ʼn gesogte Oscar-toekenning in die kategorie “beste rolprent in ʼn buitelandse taal” te wen.
Die Suid-Afrikaanse fliek, Inxeba (The Wound), het die kortlys vir dié gesogte beeldjie gehaal.
Die fliek is ʼn gay liefdesverhaal wat in isiXhosa vertel word en is gekies as Suid-Afrika se inskrywing vir die 90ste Oscar-toekennings wat volgende jaar plaasvind.
Volgens The Hollywood Reporter is die kortlys van flieks gekies uit ʼn rekordgetal van 92 titels wat uit hul onderskeie lande ingeskryf is. Die gekose flieks gaan nou vir komitees in New York, Los Angeles en Londen gewys word, waarna daar gestem sal word vir die nominasies in dié kategorie.
Die lande en hul flieks wat die kortlys gehaal het, is:
Chile – A Fantastic Woman, met Sebastián Lelio as regisseur
Duitsland – In the Fade, met Fatih Akin as regisseur
Hongarye – On Body and Soul, met Ildikó Enyedi as regisseur
Israel – Foxtrot, met Samuel Maoz as regisseur
Lebanon – The Insult, met Ziad Doueiri as regisseur
Rusland – Loveless, met Andrey Zvyagintsevas regisseur
Senegal – Félicité, met Alain Gomis as regisseur
Suid-Afrika – Inxeba (The Wound), met John Trengove as regisseur
Swede – The Square, met Ruben Östlund as regisseur
Die nominasies word op 23 Januarie 2018 bekendgemaak en die toekenningsgeleentheid sal op 4 Maart 2018 by die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, plaasvind.
Maar laat n paar meisies hulself PERS verf dan is dit verkeerd. Trevor is seker nou al skouer diep