SA onnie onder top-10 vir gesogte internasionale toekenning

Marjorie Brown (Foto: ANA)

Marjorie Brown, ʼn geskiedenisonderwyser van Roedean School in Johannesburg, is as een van die 10 finaliste in die Verkey Foundation Global Teacher Prize vir 2018 aangewys.

Maroela Media het vroeër berig dat twee Suid-Afrikaanse onderwysers onder die top-50 finaliste vir dié kompetisie was.

Brown en die ander finaliste is uit meer as 30 000 nominasies vanuit 173 lande reg oor die wêreld gekies. Brown is ʼn voormalige menseregte-aktivis en leer jong meisies oor geskiedenis. Sy het die Kids’ Lit-program in Suid-Afrika begin, en sy lei dit steeds. Sy het ook die Phendulani Literacy Quiz begin wat geletterdheid in skole met min hulpbronne bevorder.

Volgens Brown is sy toegewyd daaraan om kinders se geletterdheid te verbeter in ʼn ongelyke samelewing.

Die Global Teacher Prize is gestig om erkenning te gee aan ʼn uitsonderlike onderwyser wat ʼn groot bydrae gemaak het in die onderwysberoep, én om te fokus op die belangrike rol wat onderwysers in die samelewing speel.

Die organiseerders het gesê deur duisende stories van helde en heldinne wat jongmense se lewens verander te openbaar, sal dié prys die nodige aandag gee aan miljoene uitsonderlike onderwysers reg oor die wêreld.

Die bekende sakeman en filantroop Bill Gates het aangekondig dat die wenner van dié toekenning $1 miljoen prysgeld sal ontvang.

Die wenner van dié gesogte prys word op Sondag 18 Maart by die Global Education and Skills Forum in Dubai aangekondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SHAKA ·

Oh my goodness, janee nog ‘n liberaal. Wat is so ONGELYK aan deesdae se onderwys? Hoekom is dit nie reggestel in 24 jaar nie. Nog nooit het iemand wat vir sy eie volk en nasie iets gedoen het ‘n prys gekry nie . dit word as REGS beskou, maar o wee as jy dit vir ‘n ander nasie doen ten koste van jou eie nasie word jy hoog aangeskryf en geprys .. Sal graag wil weet WATTER geskiedenis sy die meisies leer.

Eish ·

Voorwaar n groot prestasie om genomineer te word.
Wat sou haar werk as meseregte aktivis behels het?
Wat is haar werkswyse om geletterdheid te verbeter in n ongelyke samelewing? Wie is die ongelykes?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.