SA restaurantgroep nou strooitjievry

(Foto: Twitter)

Die seekosrestaurantgroep Ocean Basket het aangekondig dat hy voortaan nie meer strooitjies en plastieksakke in sy restaurante sal gebruik nie, in ʼn poging om die see plastiekvry te hou.

“In ʼn poging om ons oseane te red sal ons nie meer strooitjies saam met drankies of sakke saam met wegneemetes verskaf nie,” het die groep op Twitter laat hoor.

“Strooitjies en plastieksakke is van die grootste oorsake van seebesoedeling. Help ons om ʼn einde te maak hieraan. Drink jou drankie sonder ʼn strooitjie en gryp jou wegneemete sonder die sak.”

Sosialemediagebruikers het hul blydskap oor dié besluit te kenne gegee met kommentare soos: “Welgedaan Ocean Basket! Dit is die begin van ʼn beweging in die regte rigting, vir ander sakelui ook!” en “Briljante nuus! Ek hoop ander restaurante doen dieselfde”.

Ocean Basket het verder gesê hy is nou in die beginstadium van die projek.

“Ons is tans in fase een, en as gevolg van die skaal van die projek het ons dit nog net in sommige van ons restaurante toegepas, maar dit sal teen die einde van hierdie jaar in alle Ocean Basket-restaurante landwyd toegepas word.”

“Ons ondersoek selfs ʼn omgewingsvriendelike alternatief vir die plastiekstrooitjie,” lui die twiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Ella ·

Mooi so! Hoop ander volg hul voorbeeld. In die toekoms neem ek my eie bakkie saam want ek eet nooit my kos op nie.

A Mac ·

Goed so. Dis net vir my of die hele wereld recycle maar nie Suid Afrika nie. Ek dink mense kan gerus ook altyd ‘n kosblik of twee saamvat as hulle gaan uiteet en dan die oorskiet daarin sit plaas om elke keer ‘n polistreenbakkie te vra vir die doggiebag.

Nienie ·

Mooi so. Ek hoop alle ander besighede volg hierdie voorbeeld. As almal so gebaar maak, sal dit n reuse verskil maak.

Philip ·

Baie goed, knap gedaan, verduidelik net hoe gaan die strooitjies van Polokwane in Limpopo in die see beland, of verwag julle groot reen, baie bly om dit te hoor, dis droog hier , ons kort reen- baie dankie, – dalk eerder goeie bemarkings foefie- want dit blyk dat Ocean Basket in Suid-Afrika tot op hede hulle strooitjies in die see gegooi het, eerder as in swart sakke , die mees waarskynlike verduideliking is om geld te spaar, die verskoning sal dan wees ” ons beskerm die planeet” jammer geen strooitjies of plastiek sakke vir die ”doggy bag” ,

Duiwelsadvokaat ·

Klink of die finansies begin knyp. Nuwe slagspreuk, baie gaan daarvoor val en o ja; hulle spaar geld.

Ria van rensburg ·

As almal so n houding gehad het, sal ons geen verskil maak nie.
Well done OB!!! Hoop daar’s baie wat in julle voetspore gaan volg

Lizelle ·

Eks soooo bly dat ocean basket hierdie stap gedoen het. Toe ek n video gesien het van n seeskilpad met n strooitjie in sy neus het ek ophou weggooibare strooitjies gebruik. Ek gebruil dik strooitjies Wat gemaak is om weer te gebruik. Ek het in my handsak, my kantoor, my kar en in my kombuis een. Was hom as jy klaar is en gebruik weer. Mense by mcdonalds kyk my baie snaaks aan :D

Huppel ·

Uitstekende nuus!

Plastiek is ‘n groter gif vir die wereld as wat CO2 kan droom om te wees.

Madsi71 ·

Ok…..strooitjies is in restaurante vir ‘n REDE!!!!!!!! IT’S CALLED HYGIENE PEOPLE!!!!!!!!!!!!!!!!!

Dewald ·

Madsi71, so vat jy jou eie bord, mes en vurk saam as jy gaan uiteet? Of is dit net die glase wat nie higiënies is nie?

Pieter Joubert ·

Mense wat gestrem is gebruik ‘n strootjie vir ‘n rede. Gestremdes is m.a.w. nie welkom by Ocean Basket nie.

Madsi71 ·

If I could I would! But I can’t so I shan’t…..Dewald!!!!

Ria van rensburg ·

Vat jou eie strooitjie. Ons moet almal nou verantwoordelikheid neem vir ons trail of destruction.

Retha Prinsloo ·

Dit is die beste nuus. Welgedaan Ocean basket!!!!!

T ·

Ek moet sê ek hoop daar kom ‘n alternatief vir die strooitjie,…

Marcia ·

Ek drink glad nie uit ń glas sonder ń strooitjie nie… so dus moet ek my eie koop en saamneem?

Flip ·

Dis goeie nuus. Ons het ook gesien van die skilpad met die strooitjie in sy neus.
@Philip Dit beteken nie dat as jy ver van die oseaan is dat jou plastiek net verdamp nie. Plastiek sakke is n groot probleem en is dit nie ook Polokwane se blom nie, die plastiek sak!
@ Marcia ek stel voor jy drink dan uit die bottel of blikkie. Gebruik jy strooitjies by jou huis?
@Madsi71 So jy gebruik ook strooitjies by die huis en dit vir higiene? Probeer n goeie skottegoed seep, dit werk!

Stoepsit ·

Ek verkies ook n strooitjie veral vir n blikkie, maar plastiek se lang voortbestaan grief my. Wat van die ou dae se papierstrooitjies wat na een blikkie koeldrank al gedaan was??

Moeg ·

Hoop hulle glase is skoon…..ek drink masr swaar sonder n strooitjie…

Madeleine ·

Wel gedaan!!
Ons moet iewers begin
Was d vakansie by aquarium in kaap en weer n uitbeelding gesien v hoe n plastieksak in water baie soos n jellievis lyk en dit d dood v talle seeskilpaaie tot gevolg het. Re-use, re-duse and re-cycle!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.